2 dood, tientalle beseer in botsing

Foto: IPSS Medical Rescue

Minstens twee mense is dood en tientalle beseer nadat ʼn bus en ʼn bakkie Donderdag op die N2 in die KwaMbonambi-gebied in KwaZulu-Natal gebots het.

Paul Herbst van IPSS Medical Rescue het bevestig twee mense is in die ongeluk dood. Minstens een persoon is kritiek beseer, terwyl 48 mense ligte tot matige beserings opgedoen het.

Talle nooddienste, die polisie en brandweer was op die toneel en die pad was vir verkeer gesluit.

Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek.

Foto: IPSS Medical Rescue

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.