2 dood toe ligte vliegtuig aan Oos-Rand neerstort

Argieffoto: Twitter via @_ArriveAlive

ʼn Vlieënier en sy passasier is op slag dood toe ʼn ligte vliegtuig Sondagaand naby die Springs-vliegveld aan die Oos-Rand neergestort het.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, sê noodbeamptes is omstreeks 18:20 na die toneel in Mimosalaan in New Era ontbied.

Volgens Ntladi is die twee slagoffers met noodbeamptes se aankoms op die toneel nog in die wrak van die tweesitplek-vliegtuig aangetref. Albei het noodlottige beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die oorledenes se identiteit word in dié stadium weerhou.

Daar word beweer dat die vliegtuig op pad was na die vliegveld se landingstrook voordat dit neergestort het.

Die nodige owerhede waaronder Burgerlugvaart is na die toneel ontbied en het reeds ʼn ondersoek na die voorval begin, sê Ntladi.

Maroela Media het vroeër berig twee mense is in November ook in ʼn vliegongeluk in Springs beseer toe ʼn ligte vliegtuig naby die lughawe in Joubertstraat geval het.

Twee passasiers, ʼn man en ʼn vrou, het ligte tot matige beserings in dié voorval opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vliegtuigies ·

Kommer wekkend hoe die vliegtuie op en af oor woongebiede vlieg. Ons het ‘n ewige vrees vir die gedagte dat een van hulle ons huis kan tref. Dit bo en behalwe die ewige aanhoudende geraas op naweke.

Hb ·

Ai. Hierdie jaar het sleg begin. Gister was daar 2 ongelukke. As die erries julle pla trek dan oorsee of iets

Doris ·

Dit is kommer wekkend hoeveel vliegtuie en helikopters die laaste paar jare al geval het. ‘n
Mens kan nie pary keer glo hoe laag hulle oor die woonbuurtes vlieg nie, dan hou n mens asem op en luister wanneer hoor jy n slag. Ek dink in elk geval die BLV. Owerhede moet strenger optree voordat hulle lisensies uitreik. Ek voel baie jammer vir die naasbestaandes wat agter bly.

Doris ·

Hb ek wil net vir jou sê dit is nie dat die erries ons pla nie . Dit is al die onverantwoordelikheid wat gepaard gaan met baie sulke ongelukke ek kan jou dit sê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.