2 dood, vier beseer toe voertuie brand ná botsing

‘n Foto van die toneel op die R50 in Delmas in Mpumalanga (Foto: ER24)

Twee mense is dood en vier ander beseer nadat twee vragmotors en ʼn sportsnutsvoertuig op die R50 in Delmas in Mpumalanga gebots het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die plaaslike brandweerdienste was besig om die brandende voertuigwrakke te blus toe nooddienste op die toneel aangekom het.

Volgens Meiring het al drie voertuie aan die brand geslaan as gevolg van die impak van die botsing.

“Die liggame van twee persone was in een van die vragmotors vasgekeer. Albei persone was reeds dood,” sê hy.

Meiring sê vier ander beseerdes, wat ook op die toneel was, is ook behandel. Hy sê een van dié persone het kritieke beserings opgedoen en is met lewensondersteunende middels behandel voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal gehaas is.

“Die ander drie beseerdes is per ambulans na ʼn hospitaal geneem om verdere mediese behandeling te ontvang,” sê hy.

Die presiese oorsaak van die ongeluk was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PJC ·

Ek dink nie mense besef hoe onbevoeg sommige van hierdie vragmotorbestuurders is nie. Onlangs het een van hulle die padtekens geïgnoreer en in ons woonbuurt ingery waar hy nie weer kon uit nie. My buurman moes hom help om weer hier ui te kom.

LB S ·

Dit is beslis nie altyd die vragmotorbestuurders se skuld nie. Spoed is menigmaal ‘n faktor! Padtekens en wit strepe is net vir sommige bestuurders daar….. As jy ‘n vinnige voertuig het kan jy mos enige iets regkry – of altans, so dink sommige mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.