2 gewond in Richardsbaai-skietery

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat twee mans Dinsdag oorkant ʼn winkelsentrum in Richardsbaai geskiet is.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê drie mans tussen die ouderdomme van 30 en 35 jaar is Dinsdag omstreeks 10:30 in die dorp se sakesentrum deur twee verdagtes oorval, waarna die verdagtes skote op hulle afgevuur het.

Volgens Mbele het die groep mans teruggeskiet en is twee van hulle in die proses gewond. Die verdagtes kon daarin slaag om in ʼn wegkommotor op die vlug te slaan, het Mbele verduidelik.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê paramedici is omstreeks 11:45 na die toneel oorkant ʼn winkelsentrum op Kruger Rand Grove ontbied, waar hulle twee gewonde mans in ʼn ernstige toestand aangetref het. Albei is verskeie kere in die voorval getref.

Volgens Herbst is die mans op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die motief vir die voorval is onbekend, het Mbele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
ES

Lyk vir my Richardsbaai is ook die wille weste… mense skiet rond en bont deesdae.

Cherokee

Julle probeer voorgee dat dit in Suid Afrika kalm gaan soos in die Wilde Weste. Vergeet dit! Dit gaan rof in SA! Hier is die kroeks baie meer en die cowboys in die minderheid.