2 in besit van anti-retrovirale middels betrap

medies-pille-gesondheid-pyn-pixabay

Foto ter illustrasie: Pixabay/Pexels.com

Twee verdagtes is Donderdag by die Bloemfontein-treinstasie in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hulle met verskeie bokse en sakke vol anti-retrovirale middels betrap is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die polisie het vanoggend op inligting gereageer en by hul aankoms by die stasie ’n grys BMW met ’n Oos-Kaapse nommerplaat opgemerk.

Die polisiebeamptes het die voertuig deursoek en die bokse en sakke versteek onder ’n kombers in die motor se kattebak aangetref. Dié vonds het 1 068 bottels anti-retrovirale middels van verskeie handelsmerke, waaronder Atroiza, Odimune en Tribuss, bevat.

Volgens Makhele is een van die verdagtes na bewering ’n 33-jarige werknemer van die departement van gesondheid by die Robert Mjobo-kliniek in Lady Grey in die Oos-Kaap. Hy en sy makker (45) is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die verdagtes is tans in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.