2 in hof wat glo skoolmeisie verkrag

Argieffoto

Die twee seuns wat verlede week in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering ’n 13-jarige meisie naby haar skool in Reiger Park in Boksburg aan die Oos-Rand verkrag het, sal na verwagting Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Konst. Jan Mokwana, woordvoerder van die polisie, het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê dat die twee verdagtes, tussen 16 en 17 jaar oud, sedert hulle inhegtenisneming in aanhouding is.

Mokwana het gesê die moontlikheid bestaan dat die verdagtes vandag aansoek om borgtog sal doen. Dié inligting sal egter eers later gedurende die verskyning bevestig kan word.

Mokwana het voorheen gesê dat vier skoolseuns tussen 16 en 17 jaar oud by die vermeende verkragting betrokke was. ’n Groep skoolmeisies wat ook laat was vir skool, het glo gesien hoe die skoolseuns die slagoffer gegryp het.

“Die ander twee seuns was nie deel van die fisieke daad nie. Hulle was ten tyde van die verkragting wel teenwoordig en was getuies van die voorval,” het Mokwana verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig die voorval is glo deur een van die leerders afgeneem.

Die slagoffer en haar ma het die voorval by Reiger Park-polisiestasie aangemeld waarna die meisie onmiddellik vir ’n mediese ondersoek gestuur is.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het die twee skoolseuns verlede Woensdag in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

L ·

Die “kinders” moet as adults hof toe gestuur word, en na n “grootmens” tronk toe, dan kan met hulle gebeur wat hul gedoen het. Die tipe monsters moet gename en shame word.

Sharon ·

Hulle sal nooit. Vandat menseregte so erg begin word het, word die skelms beskerm en die buite tronke word endangered species.

fred ·

hartseer….wat gaan aan met die opvoeding en moraliteit van ons kinders? lyk vir my daar is nie meer grense of selfrespekt nie…misbruik van sosiaal media en elke tweede fliek op dstv is vol seks en pornografie….godsdiensonderig bestaan nie meer ,wie wys die kinders die morele kompas?

Maljan ·

Die toeskouers wat niks gedoen het om te help of te stop nie en nog agterna geswyg en die video’s op sosiale media gedeel het, is aandadig in verkragtig en maak en vervaardiging van porn.

Lana ·

Maljan, hierdie kommentaar van jou is glad nie so mal nie. Ek stem saam!!

Danielle ·

As hulle wil optree soos groot mans en kan doen wat groot mans doen moet hulle die straf kan hanteer van wat n groot man kry wanneer so daad gepleeg word.

Nel ·

“Africa is Africa and West is West and never the twain shall meet” (met apologie aan Rudyard Kipling).

Olly ·

Volgens die vorige berig, “as ek reg onthou” is die 2 in hulle ouers se sorg vrygelaat. Dié berig sê weer hulle was in aanhouding, watter een is dit?

lanie ·

Hoe siek. Nie aandadig van die verkragting nie maar wel toeskouers. Hulle is net so skuldig. Sluit hulle almal toe.

George ·

ja, as daar nog dissipline en ordentlike lyfstraf was soos vroeer jare sal sulke dinge NOOIT gebeur nie. WAARBORG!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.