2-jarige brand dood; jong man sit lewenslank

Argieffoto

Die hooggeregshof in Polokwane (Pietersburg) het ʼn 19-jarige lewenslank tronk toe gestuur nadat hy ʼn huis waarin ʼn tweejarige kleuter was aan die brand gesteek het.

Kamagelo Collins Mashabela is ook ʼn bykomende 20 jaar tronkstraf opgelê nadat die hof hom skuldig bevind het aan moord, poging tot moord en brandstigting. Die misdade het op 5 Maart verlede jaar plaasgevind.

Mashabela het glo in ʼn hewige woordewisseling met die kind se ma betrokke geraak, wat in ʼn geveg ontaard het. Die ma kon daarin slaag om met geringe beserings uit die huis te ontsnap. Dit is toe dat die beskuldigde die huis aan die brand gesteek het, terwyl ʼn tweejarige kind steeds daarbinne was,” sê kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder van Limpopo.

“Die polisie is na die toneel ontbied. Met hulle aankoms was die huis reeds aan die brand. Hulle kon die kind uit die huis red, maar dié het later aan sy wonde beswyk.”

Ngoepe sê die voorval is ondersoek en die man gevolglik in hegtenis geneem.

“Die provinsiale polisiekommissaris het die ondersoekbeampte geloof vir sy goeie werk,” sê Ngoepe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

19 jaar oud, nadat hy sy vonnis van 20 jaar uitgedien het is hy 49, dan bly sy verstand nog steeds vir hom se, steek aan die brand, verkrag, roof, doen alles wat teen die wet is, want die wet het hom toegesluit en hy sal hulle terug kry vir sy tronkstraf
verstand het agter gebly die dag toe hy toegesluit is

André

Stel daardie regter aan om ALLE brandstigting sake te verhoor.
Baie geboue,treine en voertuie gaan gespaar bly.

SomeOne

skuus my wiskunde het my in die steek gelaat, hy sal 39 wees as hy klaar is met sy tronkstraf