2-jarige deur venster doodgeskiet

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die Oos-Kaapse polisie is op die spoor van verdagtes nadat ’n 2-jarige dogtertjie deur ’n slaapkamervenster in Port Elizabeth doodgeskiet is. Haar ma en boetie is in die voorval gewond.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die ma (39) en haar twee kinders het Woensdag omstreeks 23:45 in hul huis in Booysenspark gelê en slaap toe onbekende verdagtes skote deur die slaapkamervenster van die huis afgevuur het.

Volgens Naidu is die peuter noodlottig gewond tydens die voorval terwyl haar 6-jarige boetie in die knie getref is. Die ma het ’n skietwond aan haar maag opgedoen. Hulle is na ’n hospitaal gehaas, en die dogtertjie is met haar aankoms daar dood verklaar.

Naidu sê die motief vir die voorval is in die stadium onbekend.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Volgens Ntshinga sal die polisie geen steen onaangeroer laat totdat die skuldiges tot verantwoording gebring is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Santjie ·

Hoekom??? hoekom??? dis al erg genoeg dat daar so baie moorde is, maar as kinders, wat nog nie eers behoorlik weet wat om hulle aangaan nie, aan so einde moet kom is dit nog erger.

Smurf ·

En van nou af sal ek ook van BINNE in my huis n “skoot” na buite vuur om myself te verdedig…..Dit is nou al die hoeveelste geval dat n skoot van “buite” gevuur word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.