2-jarige dogtertjie deur hond doodgebyt

Argieffoto: ER24

ʼn Tweejarige dogtertjie is Vrydagoggend deur ʼn hond in Bloemfontein doodgebyt.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 10:15 by ʼn huis in Langenhovenpark plaasgevind.

“Paramedici het by die huis opgedaag en is dadelik in die huis ingelaat en na ʼn slaapkamer geneem waar hulle die kind op die bed aangetref het,” het Meiring gesê.

“Sy het ʼn ernstige bytwond aan haar nek gehad en geen tekens van lewe getoon nie.”

Paramedici kon niks doen om haar lewe te red nie en sy is dood verklaar.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die omstandighede rakende die voorval. Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Elna Boshoff ·

Ek gaan raai, en ek hoop ek is verkeerd! Of n boerboel, rottweiler of pit bull??

Jpmack ·

Enige van daardie rasse is opleibaar en indien alle honde eienaars besef dat hul diere moet sosialiseer en oplei, sal die soort voorvalle beperk kan word

Cherokee ·

Nou wag ons vir die pitbull-verdedigers. Met hul ou holrug-stories van hond is verkeerd opgevoed, nie opreg en daardie tipe snert. Jùlle sal julself moet begin onder kruisverhoor neem.

Geirriteerd ·

Net omdat dit ‘n pitbull is (of’ n rottweiler of ‘n boerboel soos jy verwys) is nie noodwendig die rede vir die aanval nie! Het jy al ooit so hond gehad? Laat ek raai.. Nee. Mense verstaan nie daardie rasse nie. Klein huispoefertjies byt net soveel, dit word net nooit aangegee nie want die gemeenskap neem aan groot honde is aggressief. Ek stem nie saam nie. Doen jouself ‘n guns en kom drink by my koffie saam my Rottweiler dan gesels ons weer.

Cherokee ·

Ek wil dit duidelik maak dat ek nie terugdeins vir enige redenasie op hierdie forums of elders nie maar…. ek wil dit nie graag herhalend plaas nie maar weet nie hoeveel lesers lees die betrokke berig en kommentare…. wil dit duidelik maak dat ek GEEN soos in ABSOLUUT GEEN redenasie sal voer met jùlle wat naam verander per kommentaar.
Het myself al vroeër daaroor uitgespreek en verpes herhalings. As jy nie kan op ‘n
gebruikersnaam besluit en daarby hou nie, beteken dit jy is nie bereid om pa te staan
vir wat jy sê nie. Lees jou laaste sin en vra jouself af of dit sin maak. Ek drink nie koffie of bier saam met mense wat meer as een gesigte het nie. Nooi jou mede-kommentators wat ook van berig tot berig van naam verander, en drink dan van sessie tot sessie ‘n ander drankie.

Geirriteerd ·

Ek het nog nooit van naam verander nie. Dis die eerste keer wat ek voel dis nodig om kommentaar te lewer (unlike you). Ek staan by my punt. Groot rasse is nie so sleg soos almal hul uitmaak om te wees nie.

susan ·

‘n Kind van 2 is dood dít is tragies maak dit saak watter ras was die hond?

tom ·

Dis baie sleg en hartseer
Hoekom altyd se dis seker daai ras of daai ras .
wag eers

Cherokee ·

Omdat tom en susan, hierdie ‘n land is waar rassisme na bewering hoogty vier.

Marieta ·

As n ma self en persoon wat n familie lid Ken. Kan net se daai ouers het soveel hartseer nou en dae wat kom. Wat maak dit saak watter hond is dit dit gaan feitlik niks verander nie. Ek dink hulle kort almal se gebede nou…. Kommentaar wat hul probeer ondersteun…

Kwaaitjie ·

Ek stem saam. Mag die ouers baie krag ontvang en liefde in die tyd. Seer wat nooit sal weggaan nie. My hart gaan uit na hulle.

sarel ·

Julle kommentaar is onvanpas. Ek hoop julle besef dit. ‘n Kind is dood en julle argumenteer oor watter ras die hond kon wees.

Cherokee ·

Sarel. wees skaam oor jou uiters onvanpaste kommentaar want ons probeer ‘n verbod kry op moordadige brakke.

humor ·

Ja dit maak saak. Hierdie honde gemeld is verantwoordelik vir die meeste van die gevalle. Mense moet kennis neem en spesiale veiligheids- voorkomingsmaatreels tref.

CHRISTA ·

Wel, ons het 6 Rottweilers op ons plotte gehad en hulle het NOOIT iemand aangeval nie. As jy so ‘n groot hond het moet jy hom behoorlik oplei en hy moet besef: JY is SY BAAS en nie andersom nie!!!

My innige simpatie aan die familie!! Ek bid dat ons liewe HERE julle deur hierdie hartseer tyd sal dra.

Poppie ·

Dit was 2 pitbulls van Papie Mokoena, n oud burgermeester. Sy het oor die heining gekyk en een het haar aan die keel gegryp en oorgetrek. Pragtige blond/rooierige krulkop dogtertjie.

Alice ·

Ek is n absolute hondeliefhebber en het ook honde. Al die gevalle oor die laaste paar jaar waarvan ek gelees het is dit meesal pitbulls wat byt om dood te byt. Sommige honderasse tree anders op as hul rustig saam met hul eienaar onder die tafel lê terwyl die koffie drink of as n 2 jarige oor die heining loer

Poppie ·

Gelees op Netwerk24. N oud burgermeester, Mokoena se honde. Sy klein blond of rooi krulkop dogtertjie so mooi. Riv kleinding

HPV ·

Tragies, meegevoel met die ouers.
Hoop nie die hond of honde leef nog nie.

Mariet ·

Pitbulls…. honestly… I do not think they should be allowed as pets… stats shows them to be responsible for most of these sttacks..

Cherokee ·

Mariet, I personally feel that pit bulls and their owners should be banned to the Ukraine.

Joyce ·

Wie dink jle is in beheer van lewe en/of dood? Honde, mense, bure………..?

Ampie ·

Geirriteerd. Ek het so n paar jaar terug fotos geneem van n student in Bloemfontein wat deur haar ouers se Rottweiler dood gebuit is. Haar lyk was in stukke . Miskien moet ek by jou familie kom tee drink dan vertel hul my watse mens jy in lewe was. Daai hond gaan jou byt. Net n kwessie van tyd.

Marisa ·

Almal weet dat enige hond wat nie voel dat hy n baas het nie iemand kan aanval. Die mense wat so spog met hulle Rotweilers en Pitbulls wat nog niemand aangeval het nie het nog nie gesien hoe daardie diere optree teenoor mense wat bang is vir honde as hulle eienaar nie by is nie. Ek dink dit moet verbied word om honde soos Rotweilers en Pitbulls as troeteldiere aan te hou. Hulle is net ‘saggeaard’ by hulle eienaars.

Pierre ·

Ek het al rottweilers gehad en tans het ek ‘n boerboel. Nog nooit iemand aangeval nie, inteendeel is die worshonde baie meer aggresief as my boerboel. My boerboel speel met ons katte en vriende se kinders wat by ons kom kuier. Daar is baie ander rasse wat baie aggresief is maar nie die krag het om iemand dood te maak nie, van hulle hoor jy niks…
My mening nog altyd, jou hond se temprament is soos die baas wat hom grootmaak.

JSG ·

Nog nooit gehoor van ‘n worshond wat iemand doodgebyt of verskeur het. Net miskien goed geknyp het.

Tjaart ·

Julle mense is belaglik, n 2 jarige kind is weg geskeur van haar ouers af en julle worry oor die honde rasse. Ek gaan nie eera praat oor die ouers se pyn nie my kind is die selde ouderdom, kan nie dink hoe ek sou voel nie, sal definitief nie verder wou aan gaan nie. Maar dis my opinie.

susan ·

Wat het rassisme met ‘n kind wat deur ‘n hond gebyt word te doen. Die land se mense is siek

Anna-mari Bouwer ·

Ons het Duitse Herders honde en ons word baie aangaval daaroor.Dit is verskriklik hartseer dat n kind doodgebyt is.Ons honde kan nie uitkom en is glad nie aggresief nie maar hou verkeerde elemente uit ons erf.Baie lief vir hulle baie intelegent.

Bekommerde ·

Ons harte gaan uit na die ouers en almal wat haar liefgehad het.

GEEN KIND of OUER PERSOON moet by ‘n klomp diere alleen gelaat word nie – NOOIT nie.

Sterkte aan almal betrokke – ons vergeet altyd die polisie, hospitaal personeel en selfs die begrafnis ondernemers – almal word geraak deur die dood van ‘n kind.

Niki ·

My innige simpatie en meegevoel vir die ouers en hulle familie. Bid hulle alles sterkte toe vir die moeilike tyd wat voor hulle lê.

En vir die mense wat so baie te sê het oor die Rottweiler’s en Pit Bulls… Ek het albei rasse gehad, en my jongste seun se Jack Russell is gevaarliker (méér beskermend) as die honde wat ek gehad het. Die groot rasse is wel saggeaard rondom hulle eienaars en sal aggresief wees téén oor enige ander element hetsy ‘n kat, hond, inbreker of selfs ‘n kind, want hulle beskerm net hulle perseel.

Blinkers ·

Cherokee. Indien jy nie n liefde vir sekere honde het nie. Beteken nie die res voel ook so nie!!

Chr ·

Iemand noem dat hierdie ‘n land is waar rassisme hoogty vier. Wat het hierdie voorval met rassisme te doen of moet ons nou ook polities korrek wees as ons van honderasse praat? Dalk vat die Honderegtekomissie julle aan.

Cherokee ·

Chr, dìt is juis wat die probleem is met gesprekke in ‘n forum. Jy moet ook tussen die lyne kan lees. Ek het gespot met die gebruik van die woord ‘ras’ wanneer van honde gepraat word. My eie kommentare spesifiek moet jy nie altyd bloot oppervlakkig lees nie.

Chris ·

Iemand noem dat hierdie ‘n land is waar rassisme hoogty vier. Wat het hierdie voorval met rassisme te doen of moet ons nou ook polities korrek wees as ons van honderasse praat? Dalk vat die Honderegtekomissie julle aan.

DA BO ·

Ek het probleme met my bure se kinders. Wat moet ons maak. Het al gepraat. Hulle hang ook oor die mure en fluit vir my honde. My diere raak mal van woede en dan staan hulle en lag. My honde spring so al wat hulle kan om hulle by te kom. En een van die dae gaan hulle slaag. Ek gaan nie my honde van kant maak as dit gebeur nie. En die polisie is ingelig van die mense wat nie die kinders aanpraat nie. So ek was my hande

Jd ·

Ek wil net se ons het self pitbulle en sy us al 9jaar oud nog nooit iemand gebyt nie en daai kind het oor die muur gekyk wie se nie dat sy dalk hulle geterg het nie mense.Pitbulle is nie so erg soos wat julle dink hulle is nie……

Cherokee ·

Jd, hierdie is bloot ‘n (noem dit as jy wil uitdagende) vraag: glo jy werklik en ernstig, dat ‘n 2 jarige kind (2 jaar Jd!) ‘n hond of enige ander dier sal terg? Is Cherokee sò dom om in 2 jarige kindertjies se onskuld te glo? Is ek te naïef? 2 Jaar Jd? Gee asseblief terugvoering op my vraag.

Junior ·

Mense asb, iemand se kind is verewig van hul af weg gevat. Wie worry oor watse tipe hond dit was? Bid eerder vir die familie

Cherokee ·

Junior my vriend, hierdie emosioneel gelaaide forum is tussen mense wat dikwels hierdie tipe berigte lees en die besef het posgevat dat dit aaneenlopend deur dieselfde tipe honde gedoen word, en dit maak sin soos ek hoër op beduie het, om daardie honde èn hul eienaars na die kouer dele van die Ukraine te verban.

Mickey ·

Ek het baie jare terug gereeld gebabysit by mense wat ek goed geken het. Hulle rotweilers was soos kinders in die huis. Het tot hul eie kamer met dubbel bed gehad. Een keer het ek en die kinders rustig in die sitkamer gesit. Die reen het teen my opgespring en my vasgepen teen die bank. Hy het onophoudelik met sy gesig teen my gesig gegrom. Spoeg het die orals oor gespat. Ek het my oë styf toe gemaak en toe die ouste van die kinders gevra om die hond te roep. Dit was laaste wat ek weer gebabysit het. Die eienaars van die honde het nie my storie geglo nie. Het net bly sê hulle hond sou nooit so optree nie. Baie jammer vir die dogtertjie wat haar lewe moes verloor. Aan die ouers van die kindjie…baie baie sterkte vir julle.!!

Wesley ·

Alle honde kan gevaarlik wees, of dit nou n boerboel of n klein chiuaua is. Mense is maar vinnig om te vooroordeel op dinge wat hul nie self verstaan nie. Alle meegevoel aan die familie van die kind. Wat n tragedie.

JSG ·

Stem saam, maar nie almal het die vermoë om iemand dood te byt.

LouE ·

Julle kastige wonderlike honde opgeweeg teen ‘n TWEE jarige dogtertjie? Daars net een oplossing: Die eienaar moet in sy person verantwoordelik gehou word vir sy honde. So daai buurman moet tronk toe gaan vir strafbare manslag. Dis hy wat die honde aanhou en beweer dat hulle vredeliewende brakkies is.

B ·

Korrek Lou, daar moet verantwoordbaarheid wees. Gebeurtenis – (na) gevolg. (Tronkstraf is ‘n goeie idee om verantwoordbaarheid te kweek onder die res.)

Nie EEN liefhebber hierbo van die moorddadige gediertes het verantwoordelik aanvaar en gesê dat bv seker gemaak moet word van grensheinings se doeltreffendheid ens nie. ‘n Redelike persoon moes voorsien dat so iets kon gebeur.

Ironies genoeg kom die potensiële moordhond-eienaars redelik aggressief voor, dalk leer hulle beste vriende dit aan by hulle?

Laastens, dis ‘n wanopvatting om te sê jou hond het nog nie iemand aangeval. Geen hond val iemand aan tot voor die eerste keer. Dink ‘n bietjie intelligent oor julle argumente.

Hannah ·

Onsensitief, skandalig, pateties. Die ouers van die kindjie sal hooplik nooit hierdie kommentaar lees nie, maar familie en vriende moontlik. Het enigeen van julle vir ‘n wyle gedink aan die magtelose vrees wat hierdie kindjie moes ervaar het. Die skok, verdriet, en ongeloof van die ouers, naastes, familie, friende asook die bure. Absoluut tragies. Gaan voort met julle woordepraal, mag tragedie julle gespaar word.

Wilma ·

Moeni die hond blameer. Begin en ondersoek die eienaar. Nie alle mense ongeag ras kan kwaai honde aanhou nie. Dis feite. Ek sien elke dag hu mense na hul diere kyk en rapporteer ook die sleg eienaars

B ·

Wou nog byvoeg, as jy ‘n hond wil aanhou vir selfbeskerming moet jy aan dieselfde vereistes voldoen as vuurwapen eienaars, maw persoonlikheidstoetse, inspeksies, lisensiëring ens.

Naas ·

Dit is ‘n tragedie, maar dit lyk nie of die hond teen sy natuur opgetree het deur te byt na iets wat oor sy heining kom nie. Wat my aanbetref is enige hond soos ‘n swembad waar dit klein kindertjies aanbetref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.