2-jarige kritiek ná sy byna verdrink

Foto: ER24

ʼn Tweejarige dogtertjie is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Johannesburg opgeneem nadat sy byna in ʼn swembad verdrink het.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het die voorval Dinsdagmiddag by ʼn huis in ʼn gholflandgoed in Centurion plaasgevind.

Paramedici van ER24 het omstreeks 14:01 by die huis aangekom en volgens Campbell was ʼn ander private ambulansdiens reeds op die toneel nadat die dogtertjie se ouers die nooddienste ontbied het.

“Ons paramedici het gehelp met gevorderde lewensondersteuning voor die dogtertjie per helikopter na ʼn private hospitaal in Johannesburg gevlieg is vir verdere mediese sorg.”

Campbell het gesê die landgoed se veiligheidsdienste was ook op die toneel. Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.