2-jarige se liggaam gekry waar pa hang

Argieffoto

ʼn 25-jarige man van Noordwes het Sondag vermoedelik sy tweejarige dogtertjie vermoor voor hy homself gehang het.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het in die Moshawane-nedersetting buite Mahikeng plaasgevind.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die pa die kind by die ma gaan haal het vir ʼn besoek. Die pa het na bewering sy dogtertjie verskeie kere met ʼn mes gesteek voor hy homself aan ʼn ketting opgehang het. Albei se liggame is omstreeks 14:00 in sy huis gevind,” het Moleko gesê.

Die polisie is ontbied en ʼn saak van moord is aanhangig gemaak. ʼn Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel.

“Hierdie tragiese voorval kom aan die einde van Kinderbeskermingsweek wat ten doel het om te verseker dat ons huise vol liefde is, en beskut teen geweld en ʼn gevoel van verwerping,” het Motswenyane gesê.

Motswenyane het ʼn beroep op die publiek gedoen om te vermy om “drastiese besluite” te neem en professionele hulp te ontbied as hulle probleme ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Hoe hartseer. Die arme kind.ons sien en hoor daagliks hierdie dinge. Ons land is gedompel in anargie, dit maak nie saak van ons velkleur nie. Hoeveel onskuldige mense moet nog sterf, so onnodig. Wat doen die regering. Siek verby.

Mrs H ·

Kyk mnr die President! Cyril…hierdie land se mense kry bitter swaar op verskeie maniere. Soveel so dat daar nie meer lig aan die einde van die tonnel is nie en hierdie radikale drastiese stappe tot gevolg het! Ons sien dit meer en meer…. Jy sal MOET iets doen om die lewe bekostigbaar te maak vir hierdie lands burgers, om mee te begin.

Alida ·

By wie moet hulle hulp soek? Die stelsel het vir Poppie in die steek gelaat!

Neels ·

Dit is so hartseer dat n kind elke keer die spit moet afbyt vir n ouer se onbevoegdheid. Al hierdie moord en doodslag moet net voor die regering van die dag se deur gele word. Elkeen van hulle sorg net vir hulle eie maag en sak solank hulle fancy karre ry en bling dra is die kaap hollands. Geen wet en orde wat gehandthaaf word nie. Die krimenele het al die regte en kinders het niks.

Oom Kalahari ·

Asb daardie stelling van gaan klop aan vir professionele hulp. Waar en as jy nie geld het nie word jy die deur gewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.