2 ‘kapers’ vas ná skietery op Kaapse polisie

Argieffoto

Twee vermeende motorkapers sal binnekort in die Khayelitsha-landdroshof in die Wes-Kaap moet verskyn nadat hulle verlede week gedurende ʼn skietery met polisie in Khayelitsha gewond gelaat en in hegtenis geneem is, het die polisie Sondag gesê.

Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het polisiebeamptes van die K9-eenheid Donderdag inligting rakende ʼn gekaapte voertuig in Kleinvlei op hul radio’s ontvang terwyl hulle patrollie gery het.

Die polisiebeamptes het op dié inligting gereageer waarna hulle omstreeks 20:45 op die gekaapte VW Polo in Fonistraat in Harare afgekom het.

Die insittendes van die motor het in dié stadium skote op die polisie afgevuur waarna die polisie teruggeskiet het.

Twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 36 jaar oud, is gedurende die skietery gewond en in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van twee onwettige vuurwapens, die besit van ammunisie en die besit van ʼn gekaapte voertuig.

Die verdagtes word tans onder polisiebewaking in ʼn hospitaal behandel en sal in die hof verskyn sodra hulle ontslaan is, het Van Wyk gesê.

“Met die onlangse vlaag van skietery en moorde op die polisie in die Wes-Kaap, veral op die Kaapse Vlakte, het die bestuur van die polisie hul verligting met dié sukses uitgespreek en die polisielede vir hul dapperheid geloof,” het Van Wyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel ·

Polisie het in die geval hulle lewe in gevaar gestel. Sodra die twee in die HOF verskyn gaan hulle borg toegestaan word. Kyk mooi.

Santie ·

Hulle moenie borg kry nie. As hulle onwettige vuurwapens weer in die hande kry gaan hulle weer motors kaap en weer op mense skiet. Hou hulle binne

Strofes ·

Verbaas my dat die polisie enigiemand in hegtenis kan neem vir wettige vuurwapen besit. Hulle ry voorwaar met vuurwapen registers op guskote rond.

Frm ·

Sap K9 eenhede is maar net in n ander klas. Geluk en baie dankie weereens vir “a job well done”,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.