2 kinders, 3 volwassenes dood ná wrede aanval in KZN

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Vyf persone is in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige moord op vyf persone, waaronder ʼn driejarige en vyfjarige, in KwaCeza, KwaZulu-Natal.

“Ses persone was omstreeks 21:00 by hul huis in Mpambulekweni toe vyf onbekende persone hulle oorval het,” het maj. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn 33-jarige persoon is in die kop geskiet en is op slag dood. Die ander drie slagoffers, onderskeidelik vyf, 58 en 60 jaar oud, is in die rondawel aan die brand gesteek. Hulle is oorlede.”

Magudulela het gesê ʼn driejarige is met ʼn mes opgekap.

Die sesde slagoffer, ʼn 15-jarige, is ook met ʼn mes gekap en hy het ernstige beserings opgedoen. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

“ʼn Taakspan het die gewelddadige moorde ondersoek en vyf verdagtes, tussen 25 en 33 jaar oud, sal binnekort in die Mahlabathini-landdroshof verskyn,” het Magudulela bygevoeg. “Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek vyf sake van moord en een van poging tot moord.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Irene ·

Joe dis darem hard ek voel jammer vir die families wat agter bly ek hoop ons howe se ore en oe sal oop gaan hierdie geharde moordenaars verdien die doodstraf

Hartseer ·

Doen aan hulle wat hulle aan die slagoffers gedoen het!!
Daar sal virseker n masiewe daling in sulke wreede moorde wees.
Kyk ons hartverskeurende plaas aanvalle. Tronkstraf is n vakansie. Gratis kos en verblyf.
Die famielie wat agter bly lei vir die res van hulle lewens. Dws dit is nie net die slagoffers wat so wreed moes sterf nie. Dit is die geliefdes wat met die grusame herrineringe moet saam leef. Kap hulle op en verbrand hulle

Karma ·

Nee man, Basie, moenie die diereryk so beledig nie! ‘n Dier wat doodmaak, doen dit vir een van twee redes: om te kan vreet of om sy trop/kleintjie(s)/gebied te beskerm. En dan maak hulle vinnig en suiwer dood. Hierdie kan nie eens naastenby met diere maniere vergelyk word nie. Hoe “kap” ‘n mens met enige emosie, enige morele waardes ‘n driejarige kind met ‘n mes dood? Hoe steek jy die hut waarin twee mense lewendig is, aan die brand? Dit kan nòg mens nóg dier wees wat so optree!!!

Penellope Jones ·

Sulke berigte laat my totaal sprakeloos met die brutale wreedheid waarmee mense aangeval en uitgewis word.

Inge ·

Dit is ongelooflik wreed! Hoe kan jy dit aan ‘n ander mens doen, wat nog van ‘n kind? Dit is waarvoor ek bang is in hierdie land, dat so iets met my kinders moet gebeur.

BRAAI ·

BASIE……. DIT NI DIERE MANIERE NI WANT NI EERS N DIER SAL SULKE DINGE DOEN NI……

Chris ·

Gaan lees oor die moorde op die voortrekkers by Bloukrans,Weenen en Moordspruit. Dan sal julle besef waarmee ons te doen het.

vernon ·

Zuma, dit is jou stam. As dit by jou mense so gaan geen wonder dit gaan so in ons land nie. Lyk my dit is normaal vir jou. Geen respek vir ander se lewens.

Blinde Sjambok ·

…the reason ‘apartheid’ was introduced?! Just asking…

pop ·

Blinde Sjambok jy hoef nie te vra nie, ons weet!!! Gaan kyk in lande waar doodstraf nog geld, daar is min geweldsmisdade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.