2 kinders sterf, talle beseer in botsing

Foto: Verskaf.

Twee kinders is dood en 11 ander mense beseer ná ʼn motor en ʼn taxi Dinsdagoggend in Rustenburg-Noord gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het by die oorgang van Snel- en Scottweg plaasgevind.

ER24-paramedici het saam met ander nooddienste by die toneel opgedaag en die taxi aangetref waar dit op sy sy aan die kant van die pad gelê het.

“ʼn Motor het ʼn ent weg teen ʼn betonmuur tot stilstand gekom. Talle kinders het rondom die taxi gelê,” het Meiring gesê.

Paramedici het die liggame van twee kinders, vermoedelik tussen ses en agt jaar oud, naby die taxi aangetref. Hulle het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

“Elf ander beseerdes is op die toneel aangetref, onder wie verskeie kinders. Hulle was matig beseer.”

Die beseerdes is na nabygeleë hospitale vervoer vir mediese behandeling.

Die omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos1 ·

Skooltaxis. Word vol geprop sonder veiligheidsgordels, en verkeersbeamptes doen absoluut niks aan die bestuurders nie, anders staak hulle en beskuldig die verkeersdepartement van viktimisasie.
(Dis soos om moord te pleeg op jou ouers en dan versagting te pleit omdat jy nou ‘n weeskind is!)
En wie lei die meerste hieronder? Die ouers van die kinders wat oorlede of beseer is.

Hennie ·

Dit is altyd hartseer oor kinders wat seer kry in n ongeluk if hulle lewe veloor. Maak nie saak watse ras of kleur hulle is nie. Ek ry tow trokke al van 2002 af en elke keer as ek by n ongeluk stop waar kinders betrokke is maak dit my hart seer. Veral meer vandat ek self n pappa is van n 2 jarige seuntjie. My innige mee gevoel die families! R.I.P kids.

Annie ·

Taxi weereens betrokke – was seker oorlaai gewees dit is mos wat hulle doen en het ook seker oor stop straat gery want hulle ken nie die pad reels nie en is altyd oorlaai.

Annelize ·

Julle verstaan nie! Hier is soos in GEEN wet en orde mee in Rusteburg wat die verkeer aanbetref nie. Stoptekens, rooi robotte, spoedgrense, noem maar op, is van nul, en GEENER waarde in hierdie dorp nie. Word jy byna in jou kanon in gery, en jy waag om hoeter te druk, word jy uitgevloek en uitgeskel vir alles wat sleg is.

Jy waag jou lewe as jy hier agter ‘n stuurwiel inklim. Op die hoek van Beyers Naude en Heysteck strate was gistermiddag ook ‘n baie lelike ongeluk. Een van die 2 voertuie het beslis die rooi lig teen ‘n hengse spoed verontagsaam, tot die randstene van die sypaadjie was uit die aarde uitgery! Skaars twee blokke verder, ry ‘n vrou ‘n voetganger byna raak. Die lig is groen vir haar om te ry, maar hy loop sonder om te kyk, reg voor haar bakkie in, maar die voetganger vloek vir haar dat die see haar nie kan afwas nie.

Later dieselfde middag, op die Mall pad, ry ‘n Taxi letterlik bo-oor ‘n fietsryer! Ek weet nie eens of die fietsryer oorleef het nie. Weereens, julle verstaan nie wat op hierdie dorp se paaie aangaan nie.

marietjie ·

Waarheid Annelize, as jy veilig by huis of werk kom kan mens net danbaar wees

LL ·

Toemaar, dit gaan dieselfde hier in die Kaap. Geen respek vir padreëls nie. Jy kan amper nie waag om oor ‘n groen robot te gaan nie. Stopstrate is nie meer stopstrate nie, lyk my dit het toegee tekens geword. Soliede lyne word verontagsaam, Geelstrepe word ‘n ekstra baan, jy ry in ‘n 60 zone gewoon 60km/h, dan kom ‘n ou verbygevlieg en skel jou uit. Dis maar woes jong

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.