2 klagte van aanranding nou teen eienaar van Ninnie’s Neurons

Janine Edwards, eienaar van Ninnie’s Neurons-kleuterskool in Carletonville tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Janine Edwards, die eienaar van Ninnie’s Neurons-kleuterskool in Carletonville aan die Wes-Rand, word nou deur twee aanklagte van aanranding in die gesig gestaar.

Edwards het Vrydag in die distrikshof in Carletonville verskyn waar die saak teen haar tot 11 Oktober uitgestel is. Die saak sal dán in die streekshof aangehoor word.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die NVG, het dié inligting aan Maroela Media bevestig.

Maroela Media het vroeër berig verskeie video’s het in April vanjaar opslae gemaak waarin Nellie Senwametsi, ’n werknemer by die kleuterskool, kleuters bydam.

Senwametsi slaan in een van die video’s ’n dogtertjie herhaaldelik oor haar kop en op die boude. Die kleuter het vermoedelik op ʼn plastiekstoeltjie en -tafeltjie opgegooi waarna die onderwyseres haar dwing om dit skoon te maak en dan herhaaldelik bydam.

‘n Skermgreep uit die video.

Ouers het daarna Edwards daarvan beskuldig dat sy die mishandeling versteek het.

Volgens Mjonondwane sal Senwametsi ook op 11 Oktober in die hof verskyn op vyf aanklagte van aanranding. Haar saak is reeds ʼn paar keer vantevore uitgestel. Sy is ook by een van haar hofverskynings in Junie, ná die hofverrigtinge, aangerand.

Die twee vroue is afsonderlik aangekla.

Lees alle vorige berigte oor die Carletonville-kleuterskool op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hannes De Beer ·

Tania Heyns, ‘n gratis klein taallessie.
Sy word nie deur aanklagte in die gesig gestaar nie.
Sy staar aanklagte in die gesig.
Mooi dag.

WMirabilis. ·

# Mnr de Beer: Tania Heyens is heeltemal reg. ‘jy word deur ”aanklagte ingevolge dié wet in die gesig gestaar” of ”deur onvoorspelbare omstandighede in die gesig gestaar”.

Cherokee ·

Hannes, wanneer jy geboemerang word, is dit etiket om te antwoord. Toe te gee dat jy toe nie so slim was as wat jy gedink het nie. Ons hoop om jou terugvoer te sien. Anders gaan ons dit onthou.

Johan ·

Die berig en hoofopskrif pas nie. Volgens die berig is die eienares nie van aanranding aangekla nie, maar dat sy dit nie aangemeld het nie.

Cherokee ·

Jy is reg, Johan. Dit beteken eerder iets soos ‘weerhouïng van inligting of so iets. Dankie dat jy dit uitwys.

jaco ·

die swart vrou het n wit kind geslaan. is dit ook aanranding, of is dit n regverdige “terugkry vir apartheid” waarvan niks sal kom n ie.
ons weet tog almal dat 2 stelle reels in SA geld…

Mieke ·

Jaco, op die video slaan die vrou ‘n swart kind, maar maak dit saak water ras die kind is?????
‘N kleuterskool oppasser slaan nie aan ENIGE kind nie! Die manier waarop die vrou aangegaan het, was totaal onaanvaarbaar vir enige kind, ongeag van kleur.
Moenie altyd ras inbring nie, dit help niemand niks nie……………

Abe ·

jaco,
Jou kommentaar is n sinnelose verwronging van feite om by rasse kwessies uit te kom en jou eie ou afgesaagde rasse-ongedurigheid ten toon te stel.

Maljan ·

Hoekom is die persoon wat die video geneem het nie ook aangekla nie? Hy/sy het niks gedoen om die aandag sing te stop nie.

Hoekom ·

Hoekom word Janeen aangekla as Ajatolla Senumetsi die kind geslaan het?

Abe ·

Hoekom,
Die kinderoppasser, Senwametsi, word aangekla (5 aanklagte), omdat sy die kinders aangerand het. Edwards word afsonderlik aangekla omdat sy die eienaar van die onderneming is waar die aanrandings plaasgevind het en ook omdat sy versuim het om die aanrandings aan te meld.

jaco ·

Die swart vrou wat die slae uitgedeel het, se saak is al ‘n paar maal uitgestel. Seker omdat sy wit kinders geslaan het en dit “mos maar reg is” in dié land waar 2 stelle reëls geld. “Mark my words”; sy gaan loskom. Net die wit eienaar van die besigheid gaan gestraf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.