2 konstabels vas vir korrupsie

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

Twee polisiebeamptes van Mpumalanga is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat nadat hulle vlugtig in Nelspruit se landdroshof op aanklagte van korrupsie verskyn het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, polisiewoordvoerder, sê konst. Wonderboy Maseko (37) en konst. Constable Ephraim Nkosi (36) het na bewering Vrydag omkoopgeld van R200 000 by ʼn sakeman van eSwatini (voorheen Swaziland) geëis.

“Die slagoffer was op pad om onderdele vir een van sy vragmotors te koop,” sê Sekgotodi, “toe die twee polisiemanne hom voorkeer. Hulle het beweer hy vervoer gifstowwe. Hulle het gedreig om hom in hegtenis te neem en op sy vragmotor beslag te lê as hy nie die omkoopgeld betaal nie.”

Hy het hulle ʼn deel van die geld betaal en onderneem om die res Dinsdag te betaal op die dorpie Jeppes Reef, ʼn klein nedersetting sowat 25 km suidsuidoos van Kaapmuiden, 2 km van die eSwatini-grens af.

Die sakeman het intussen die voorval by die polisie in die buurland aangemeld en hulle het die inligting aan die SAPD se eenheid vir misdaadintelligensie oorgedra.

Die konstabels, wat met verlof was, het Dinsdag by die ontmoetingsplek opgedaag soos ooreengekom, vertel Sekgotodi, waar die Valke en beamptes van misdaadintelligensie hulle ingewag het.

Aanklagte van korrupsie, meineed, roof en diefstal onder valse voorwendsels staar die twee in die gesig. Die saak is vir verdere ondersoek tot 20 Maart uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Spellcheck ·

Net ñ vriendelike waarskuwing vir wat dalk mag volg…..kyk julle opskrif. Hahaha

Thinus ·

Ongeveet 80% van SAPS lede is korrup. Hoekom hulle nie ook arresteer nie? Begin van bo af, want dis daar waar korrupsie en onbevoegdheid hooggety vier.

Gert van Wierdapark ·

Die Con-stabels is/was manne wat seker graag na 90,5 geluister het – ” Gaan groot (R200 000) of gaan huistoe! Hopelik is dit nou Tronktoe. He-he-he!

Michelle ·

Dit is nou weer een van die gevalle waar hulle betaal sal word terwyl hul verhoor sal word en weer vir diens sal rapporteer. Dit is ‘n skande vir die hele polisie mag hulle moeg skuldig bevind word uit geskop word hul moet nie weer ‘n werk kry nie eers in privaat sekuriteit nie die vertroue is klaar gebreek. Verwyder als wat hul het wat Sap op staan. More deel hulle daardie uniform vir vriende uit

Carl ·

Thinus, selfs dalk meer as 80%. Hulle voer n skrikbewind uit en het talle vervoermaatskappye al tot stilstand gedwing. Daar is geen vertroue meer oor nie. Korrupsie in Suid Afrika, op alle vlakke, is totaal buite beheer.

Pampoen ·

Wonder waar om borrow in die eerste plek. Sulke maak die paar wat eerlike en op reg hulle werk doen sê naam ook sleg. Jig en dan gaan hulle nog steeds salaris kry

Anita ·

my niggie en haar dogter moes na Pretoria vir ‘n familielid se 80ste verjaarsdag. Iemand moes hulle op die Oliver Tambo lugh\awe kom haal. Die persoon word voor gekeur, en meegedeel dat hy die spoedgrens oortree het, wat nie die geval was nie. Die twee verkeersbeamptes wou net redeneer. Hy sê skryf die kaartjie ek sal dit by julle kantoor gaan uitsorteer maar moet na die lughawe. Hulle sê “Jammer gee ons 1000 Rand en ons bly stil” hy deel hulle mee dat hy net R300 by hom het, toe neem hulle dit en laat hom gaan. Hy was so ontsteld en het dit aan vriende vertel, en blykbaar het almal dit al meegemaak op die pad. 95 % isoneerlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.