2 konstruksiewerkers gered toe muur meegee

Reddingswerkers op die toneel. (Foto: Netcare 911)

Twee mans is Woensdag op ’n Durbanse bouperseel uit die puin gered toe ’n muur waaraan hulle gebou het meegegee het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 09:30 na ’n strukturele ineenstorting op ’n bouperseel in Clare Estate in die stad ontbied.

Volgens berigte was twee mans die oggend besig om aan ’n muur te bou toe dit ineengestort en op hulle beland het.

Die mans was aanvanklik onder die puin vasgekeer, maar Ethekwini-brand-en-reddingsdienste is na die toneel ontbied wat daarin kon slaag om die mans te bevry.

Volgens Herbst het die albei mans matige beserings tydens die voorval opgedoen en is hulle deur paramedici op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem is.

Die omstandighede rakende die strukturele ineenstorting word deur die toepaslike owerhede ondersoek, het Herbst gesê.

Reddingswerkers op die toneel. (Foto: Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cobus ·

Net soos ons land se standaarde is. Die muur val al om terwyl jy dit bou

Stormrider ·

NHBRC registrasie, bou-permitte en DOL vergoedingskommisaris registrasie. Gaan stel maar gerus ondersoek in, niks van daardie is in plek nie.

hendrik ·

Stormrider, al was die NHBRC in plek sou die muur nogaltyd omgeval het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.