2 liggame in rioolput by V&A Waterfront gevind

Reddingsdienste op die toneel. (Foto: Verskaf)

Die Wes-Kaapse polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat die liggame van twee instandhoudingswerkers Dinsdagaand in ’n rioolput agter ’n hotel by die V&A Waterfront in Kaapstad gevind is.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, sê die stad se brand-en-reddingsdienste is Dinsdagaand om 18:18 na ’n rioolput by East Pier-weg agter die Table Bay Hotel ontbied nadat twee liggame in die put aangemeld is.

Table Bay Hotel rioolput

Reddingsdienste op die toneel. (Foto: Verskaf)

Die put was met gifgasse gevul en die reddingspan is in beskermingsdrag met ’n tou in die put laat afsak.

Die eerste liggaam is om 22:23 na die oppervlak gebring waarna die tweede liggaam kort na middernag uit die rioolput gehaal is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die twee instandhoudingswerkers was onderskeidelik 22 en 52 jaar oud.

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die twee mans se dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.