2 mans vasgetrek met 5 gesteelde TV’s

Argieffoto

Twee mans van Butterworth in die Oos-Kaap, vermoedelik in hul 30’s, is Vrydagaand in hegtenis geneem vir huisbraak en diefstal nadat die polisie hulle vasgetrek het met altesaam vyf televisiestelle in hul besit.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê die mans is vasgetrek terwyl hulle besig was om met die gesteelde goedere na Oos-Londen te vlug.

Die mans is in hegtenis geneem op die N2 tussen Butterworth en Kei Ridge. Hulle het vyf plasma-televisiestelle ter waarde van sowat R55 000 in hul besit gehad. Die mans het glo ook gereedskap by hulle gehad wat vermoedelik gebruik is om by huise in te breek.

Volgens Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, is een van die slagoffers ʼn bejaarde vrou.

Manatha sê die polisie het ook beslag gelê op die motor waarmee hulle gery het.

Albei mans verskyn Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof op aanklag van huisbraak en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Poppie ·

Daar is iets in die TVs wat hul gebruik as drugs. Hul verkoop dit nie om geld in die hande te kry nie

Tamzon du Plessis ·

Ek het omtrent uit my stoel uitgeval van die gelag oor die ARGIEF foto .

Ai ouens kom met die tye.
Waar kry julle hierdie fossiel fotos?
Lyk soos iets wat jy in destydse Rusland sou sien of hoe?

Bekommerd ·

Baie bly die polisie het so vinnig opgetree…. Ek bly op Agulhas n klein vakansie dorp by die see net buite Bredasdorp en Struisbaai. Hier word nou al vir +- 2 maande in huise ingebreek. Ons trek nou al by 70 huise. Selfs huise met alarmstelsels word ingebreek. Al wat hulle steel is tv’s… Ons polisie sê net hulle het geen lydrade of verdagtes nie.. Dit laat jou wonder. Hulle het gestraand in 3 van my bure se huise ingebreek en ook net tv’s gesteel. Ons huisbewoners is bang en frustreed dat niks gedoen word nie… Ons is teleurgesteld in ons Struisbaai Polisie diens.

Danie ·

Bekommerd het jy nou al die SAPD gaan konfronteer hieroor? Maak asseblief werk daarvan. Die mense op MM kan niks doen behalwe kommentaar te lewer nie.

Bekommerd ·

Danie ja ons was al by die polisie en al wat hulle sê is dat hulle geen lydrade het nie. Ons as inwoners se hande is afgekap. ‘n Paar inwoners patroleer nou self in die nag…

Bekommerd ·

Alida jammer ek het nie geweet dit is ‘n spel kompetisie nie… Vir my was die saak meer ernstiger oor 76 huis inbrake en die veiligheid van ons gemeente… Aangesien dit nie vir jou ‘n bekommernis is nie maar oor een verkeerde spelling.

Johann cb ·

Ek woon in Port Elizabeth – Butterworth is nie in Port Elizabeth nie, maar in die voormalige Transkei/Ciskei.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Johann
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.