2 ouditeure van inkomstediens gevonnis vir korrupsie

Argieffoto

Twee voormalige ouditeure van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in Durban is gevonnis tot drie jaar tronkstraf vir korrupsie.

Dít volg nadat Pranesh Maharaj van La Mercy en Reuben Moodley van Newlands-Wes verlede jaar Maart op heter daad betrap is met omkoopgeld ter waarde van R100 000 in ʼn bruin papierkoevert.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê die twee ouditeure het erken dat hulle in Februarie verlede jaar ʼn kennisgewing aan ʼn bekende KwaZulu-Natalse sakeman uitgereik het om hom te verwittig van ʼn dreigende oudit van die maatskappye waar hy as direkteur gedien het.

Volgens Memela het die ouditeure die sakeman tydens ʼn opvolgvergadering gevra vir omkoopgeld van R200 000 om “sy belastingprobleme te laat verdwyn”.

Maharaj het die sakeman dieselfde dag nog genader en gevra vir ʼn voorskot van R10 000. Die sakeman het ingestem. Maharaj het egter nie vir Moodley van dié voorskot vertel nie en ook nie die geld met sy makker gedeel nie, vertel Memela.

Die sakeman het daarna die omkopery by die polisie aangemeld.

“ʼn Besluit is geneem om ʼn polisielokval te stel ingevolge die Strafproseswet. Die sakeman het die kontant voorsien wat in twee koeverte verdeel is met R100 000 in elke koevert,” verduidelik Memela.

Die sakeman het die koeverte op 2 Maart verlede jaar aan die ouditeure in die parkeerterrein van die Standard Bank in Kingsmead oorhandig waarna die polisie toegeslaan het terwyl die twee weggestap het.

Die Durbanse streekshof het Maharaj en Moodley tydens die vonnisoplegging op 9 Mei vanjaar tot nog twee jaar tronkstraf gevonnis wat voorwaardelik opgeskort is vir vyf jaar. Maharaj het aangebied om die R10 000 terug te betaal wat na regte deur die belastingbetaler aan hom oorbetaal is.

Edward Kieswetter, die nuutaangestelde kommissaris van die SAID, het die vonnis verwelkom en gesê daar is geen plek vir oneerlike werknemers in die inkomstediens nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Xannie ·

Het ek dit reg? 3jaar + 2jaar = 5jaar en dis (voorwaardelik) vir 5jaar opgeskort? Hulle gaan dus nie tronk toe gaan nie… Hoeveel ander mense het hulle so uitgebuit waarvan niemand weet nie? Dis ‘n klug en ‘n gekkespul!!

Cherokee ·

Ek verstaan anders as julle twee, want ek lees dat slegs 2 jaar van die 5 opgeskort is. En as ek verkeerd lees moet die skuld by die berig se bewoording gesoek word.

Avon ·

Ek het dit ook as 3jaar tronstraf plus 2jaar wat opgeskort is vir 5jaar.

NET EK ·

Dis seker hulle wat my belasting uitgewerk het dat ek duisende skuld ……. Justice !!!!

John ·

… per slot van sake is ons reeds Little India gedoop… Wat verwag julle?

Chris du Preez ·

Hulle is gevonnis vir drie jaar tronkstraf plus twee jaar wat vir vyf jaar opgeskort is. Twee jaar ekstra is vir vyf jaar opgeskort.

Koos ·

As skelm mense nie meer mekaar kan vertrou nie, waar gaan ons dan heen????

WIEBO ·

Met die ligte vonnis is dit dan die moeite werd!! Ek werk n jaar lank elke dag om so n bruto inkomste te verdien. What a bargain!!

marous ·

Die mense het die voorbeeld wat hul hoof amptenarre gestel het gevolg .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.