2 polisiebeamptes 2 dae uiteen vermoor

Argieffoto: Phillip Bruwer

Genl. Khehla John Sitole, die nasionale polisiekommissaris, het Dinsdag die moorde op twee Gautengse polisiebeamptes in twee afsonderlike voorvalle veroordeel.

In die jongste voorval is ʼn 43-jarige konstabel Maandag om 05:00 in Ekangala naby Bronkhorstspruit doodgeskiet.

“Die konstabel en ʼn adjudantoffisier het op ʼn klagte in Uitbreiding H gereageer. Toe hulle by die toneel opdaag, het die konstabel vier mans genader om navraag te doen. Die mans het egter op hom losgebrand en hom noodlottig gewond, waarna hulle met sy dienspistool op die vlug geslaan het,” het brig. Vishnu Naidoo, Sitole se woordvoerder, gesê.

Die ander voorval het Saterdag om 18:30 in Payneville in Springs plaasgevind.

“ʼn Sersant is vermoor toe hy ná werk by sy huis opgedaag het. Die beampte was van diens af, maar het steeds sy volle uniform aangehad toe hy vermoor is. Die verdagtes het van die toneel gevlug sonder om enigiets te steel.”

Sitole het die jongste voorvalle as “voortdurend gevoellose aanvalle” op polisiebeamptes bestempel.

“Die aanvalle op ons beamptes duur onverpoos voort. Ek het my boodskap aan hulle herhaal om nie mét hul vuurwapens te val nie,” het Sitole gesê.

Sitole het opdrag gegee dat ʼn gespesialiseerde span saamgestel word om diegene aan te keer wat vir die skietvoorvalle verantwoordelik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Nou praat jy ·

3 Boere is in 24uur uitmekaar vermoor. Wonder of hul iets oor dit gesê het. Vry land vol misdadigers. Meegevoel aan hul families wat dieselfde seer ervaar as Boere families al verskil is regering se monde is gesluit ? oor plaasmoorde.

Colleen ·

Die polisie se families sal nou miljoene ontvang en ons boere se families nie ‘n sent nie.

Nel ·

Skokkend.
Net so skokkend is die nuus dat drie boere verlede week binne 24 uur vermoor is.
Genl. Sithole, geld jou opdrag om ‘nie met hul vuurwapens te val nie’ ook vir die plaasboere? En dit klink na ‘n goeie plan om sommer ook ‘n ‘gespesialiseerde span’ saam te stel om diegene wat verantwoordelik is vir plaasaanvalle en-moorde aan te keer.
Wat sê jy Genl. – sien jy kans ?

tamboti ·

Hoe sal CR en SAPD hoof regeer as dit berig sou lees: Drie polisie lede op een dag vermoor?

Gollie ·

HULLE LEES NIE EERS KOERANT NIE,HOE SAL HULLE WEET,HOOR MAAR NET ALS BY MONDE.

Albaster ·

Wanneer polisielede wat opgelei is in misdaadhantering en wie se beroep behels om aan die voorfront van gevaar te verkeer, se moordsyfer laer is as die van boere, dan weet jy die regering is besig met beplande menseregteskendings.

Hanna Hoekom ·

Drie boere in 24 uur koelbloedig vermoor. Honderde plaaswerkers dalk nou sonder werk… Komaan, lewer bietjie kommentaar hierop ook CR! Moord is moord.

koos1 ·

In die land het respek vir die reg geval danksy gebeure wat in die 60’s plaas gevind het. (Liberation before education en we will make this country ungovernable). Saam met dit het respek vir alles geval. Bitter min mense wil nog hard werk om bo uit te kom, en die wat wil, word deur die regering daarvoor gestraf of word deur kriminele verdryf of vermoor. Mnr. President van SA, hierdie land moet omgedraai word voordat dit te laat is. Ruwanda het omgedraai maar eers na ‘n burger oorlog. Wil jy dieselde hê?

Zero ·

Ek het nul respek vir die ANC omdat hulle niks respek vir ons het nie, ons wil nie meer onder die ANC bly nie.

Waarookal ·

Die konstitusie bepaal dat ons wat onafhanklik wil wees die reg het tot selfbeskikking. Ons is die wat die ondernemingsgees het, wat vaardighede het, wat tot sover nog grond het, ons kan self besluit watter areas op die kortlys moet wees.

wielie ·

voortdurend gevoellose aanvalle ????!!!! WAT van die plaas boere wat ander mense van KOS EN WERK voorsien????? Het hulle nie ook families en geliefdes nie???? RERIG REGERING SKRIK WAKKER ….. SA gaan ten gronde .

Johan H. ·

Skokkend, veral in die lig dat hulle gewapend moet wees,, Moontlik swak opleiding!! As die boere maar net ook heeltyd gewapend is,,..Weet iemand wat gaan aan en wanneer hoor ons van daardie vuurwapen lisensiefiasko,waar die polisie se ego tegroot is om te erken hulle wil eintlik maar die mense eerder ontwapen as om te help om WETTIGLIK vuurwapens te dra?

Alida ·

Hoekom pak die opposisie nie vir CR en Cele in die parlement nie. Vra hulle hoekom is hul monde gesnoer oor al die blanke moorde wat daagliks gepleeg word. Is hulle bang om daardie vrae te vra of wat. Dit lyk amper so.

André ·

Die aanvalle op ons boere en hul plase duur onverpoos voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.