Twee lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal na verwagting vandag (19 Junie) in die streekhof in Noordwes gevonnis word nadat hulle hul eertydse bevelvoerder, lt.kol. Annemarie Oosthuizen, vals aangekla het van rassisme.
Ao. Sedisa Tikoe en ao. Chris Mphana is vroeër vandeesmaand aan verskeie kriminele klagte skuldig bevind insluitende crimen injuria, regsverydeling, meineed en aanranding nadat hulle Oosthuizen in 2017 valslik daarvan beskuldig het dat sy die k-woord gebruik het en haar met geweld gedreig het.
Maroela Media het vroeër berig Oosthuizen het destyds dissiplinêre stappe ingestel teen die twee junior lede onder haar bevel wat hulself skuldig gemaak het aan wangedrag deur sonder toestemming of verlof nie vir werk op te gedaag nie. In hul reaksie op die dissiplinêre stappe het die twee adjudant-offisiere ʼn klag van crimen injuria teen Oosthuizen gelê deur aan te voer dat sy die k-woord gebruik het om na hulle te verwys. ʼn Voormalige intern, Elizabeth Sechele, het egter na vore getree om teen hulle te getuig, al is sy ook later geïntimideer en het sy vir haar lewe gevrees.
Oosthuizen is tydens ʼn departementele verhoor van die SAPD onskuldig bevind op al die aanklagte van wangedrag. Tydens die verhoor is ook bevind dat die adjudant-offisiere en hul getuie blatant onder eed leuens vertel het.
“Ongeag die bevinding het die SAPD tot op hede nog geen departementele stappe teen die twee adjudant-offisiere se onregmatige aksie gedoen nie. Solidariteit [wat Oosthuizen in die hof verteenwoordig het] het toe ʼn arbeidsdispuut ingevolge die Wet op Billike Indiensneming namens Oosthuizen na die arbeidshof in Johannesburg verwys,” het Renate Barnard, sektorkoördineerder by Solidariteit, vroeër gesê.
Oosthuizen het intussen ʼn siviele eis teen die polisievakbond Popcru ingedien.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
29 Kommentare
Dit is wat gedoen kan word as goeie mense saamstaan en die regte ding doen.
Gaan seker oorgeplaas word na Orania toe
Twee jaar by die huis met volle selaris
Hoop hul word afgedank, wat het van die Ashwin Willemse beskuldiging geword?
Mooi. Hoop hulle kry vonnis wat regte boodskap uitstuur