2 polisiemanne doodgeskiet, van dienswapens beroof

Argieffoto ter illustrasie

’n Sersant en konstabel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is Sondag in die vroeë oggendure in Kraaifontein, Kaapstad, doodgeskiet en van hul diensvuurwapens beroof.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeamptes was omstreeks 01:25 in die Bloekombos-omgewing besig met ʼn patrollie toe hul diensmotor in ʼn oënskynlike hinderlaag onder skoot gekom het.

Albei polisiebeamptes is op die toneel dood en van hul amptelike diensvuurwapens beroof.

Die polisie is intussen op die spoor van die verdagtes.

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende provinsiale polisiehoof, het ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel om die skuldiges vas te strek.

Die Valke is ook intussen aangestel om die omstandighede rondom die moorde te ondersoek.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by die misdaadstopnommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Cele beskerm nog steeds nie sy eie mense nie en dít sê baie! Duidelik voel hy ‘n veer vir die mense.

Sterkte aan die families!

Nice nog wapens op straat waarmee daar vermoor kan word gggmmmfff, maar hy wil ons ontwapen pffft geen manier nie!

Willem ·

Ek weet hoekom gebeur sulke dinge. Bendes soek wapens om mee te moor. So vermoor iemand om wapen in die hande te kry. In S A is daar mos nie fout om moord te pleeg nie

Harry ·

Tragies………hierdie manne het probeer om die gereg in ons land toe te pas. Mag hulle families vertroosting vind.

Sarel ·

Klink of hulle met opset on hinderlaag grlei was. Kyk sommer ook.ondrr die Gemeenskap wat so kan kla maar dan die Polisie onder klippe steek. Gemeenskap wat bendelede bedkerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.