Sportsterre glo onder groep wat vas is vir dronkbestuur

Argieffoto

ʼn Bafana Bafana-sokkerster en ʼn voormalige Orlando Pirates-speler tel glo onder ʼn groep van 15 mense wat Saterdag vir dronkbestuur in Pretoria in hegtenis geneem is.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie (TMPD), sê die groep is vir afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem.

Mahamba sê die 28-jarige voormalige Orlando Pirates-speler en die Bafana Bafana-sokkerspeler is steeds in aanhouding. Hy wou nie die name van die sportmanne bekend maak nie.

Hy sê dronkbestuur is een van die hoofredes vir sterftes op Suid-Afrikaanse paaie – veral ook in Pretoria. “Enigiemand wat dronkbestuur sal in hegtenis geneem word,” sê hy. “TMPD sal aanhou om hierdie veldtogte teen dronkbestuur te versterk en sodoende verhoed dat dié bestuurders die lewe van onskuldige mense in gevaar stel.”

Mahamba sê niemand is bo die wet verhewe nie. “Motoriste word aangemoedig om liewer alternatiewe vervoermetodes te ondersoek. Ons is trots op die metropolisiebeamptes vir uitstaande werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

D P J ·

Alle dronk bestuurders se lisendies moet semuur lewenslank ontneem word.

ROOSMARYN ·

Wens ek het ‘n voertuig gehad! Tans geen voertuig nie. Waaghalsige ek sou wat wou gee om daardie spoed nugter te kan bestuur!!!!!

Boet Fasie ·

Sluit almal toe wat dronk bestuur , hulle hoort nie agter die stuur van ‘n voertuig nie

Oom Kalahari ·

Sit is nou Sportss helde wat vir sommige jonger gardes rolmodelle moet wees wat so optree. Dronk bestuur neem onskuldige mense se lewens en bring lewenslange hartseer na alle partye. As jy dronk bestuur dan moet daar na ernstige boetes gekyk word en lisensie vanaf 5 tot 10jaar ingetrek word en lisensie heraansoek van vooraf soos enige kandidaat.

H.A. ·

Die pad ongelukke fonds staan nou baie goed. Hulle kan ry soos hulle wil !

Nettie ·

@H.A. – ja, inderdaad. Dit is nou nádat hulle ‘n paar mense se dood en verminking veroorsaak het a.g.v. ‘n ongeluk wat gebeur het a.g.v. hul dronkbestuur. En die regering kommer hulle oor goed soos mense wat buite staan en rook ……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.