Twee skoolkinders is dood en verskeie is beseer nadat ʼn voertuig wat hulle vervoer het in KwaZulu-Natal teen ʼn steilte afgerol het.
Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het Donderdag op die R617 in Howick plaasgevind.
“Die bestuurder het glo die kinders, tussen vier en sewe jaar oud, van verskeie skole in die omgewing huis toe geneem. Hy het beheer oor die voertuig verloor en dit het by ʼn steilte afgerol,” het Bodasing gesê.
“Van die kinders is uit die voertuig geslinger terwyl dit gerol het. Twee van hulle was ongelukkig reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.”
Drie kinders het kritieke beserings opgedoen. Die res van die kinders het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Die bestuurder is gering beseer. Hulle is na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.
Die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
ai altyd sleg om te lees van kinders wat seergekery het. sterkte aan die families
Altyd tragies om van sulke gevalle te hoor. Rus in vrede, en mag die familie berusting vind in hierdie moeilike tyd. Wonder net of die kinders weereens agter op ‘n bakkie moes sit? So gevaarlik, selfs al is daar ‘n kappie op die bakkie.
Voordat ons metropolisie nie bodder om wetgewing toe te pas nie, sal NIKS op ons paaie verander nie. Ek het weer vandag probleem-punte aan die Ekurhuleni Metropolisie gerapporteer en al wat hulle sê is: Dis nie my area nie!!