2 soek wat egpaar op Vrystaatse plaas aanval

Argieffoto

Die polisie is op die spoor van twee jong mans wat na bewering Sondagoggend ’n egpaar op hulle plaas in die Frankfort-distrik in die Vrystaat oorval en aangerand het.

Tienie (59) en Elize (60) de Jager is omstreeks 08:30 op hulle plaas aangerand toe Elize die oggend uitgegaan het om na haar hoenders by die hoenderhokke op die erf te gaan kyk.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Sy het hoenderhokke toe geloop toe sy deur twee onbekende mans oorval is. Die mans het haar met ’n ystervoorwerp oor haar kop geslaan. Hulle het haar ook met draad gewurg en toe haar hande en voete met kabelbinders vasgemaak.”

Volgens Rani het die twee mans Elize daarna gevra waar haar man is en op kontant aangedring.

Tienie was in dié stadium in die huis, maar het onraad vermoed toe Elize lank wegbly. Hy het haar gaan soek by die hoenderhokke toe hy sy vrou hoor skree.

Tienie het teruggehardloop in die rigting van die plaashuis om sy vuurwapen te gaan haal, maar een van die verdagtes het hom ingehaal en herhaaldelik met ’n onbekende ystervoorwerp bygedam. Tienie het beserings aan sy kop en arms opgedoen.

Die boer kon nietemin daarin slaag om by die huis in te gaan waarna hy teruggekeer het met sy vuurwapen en ’n skoot in die lug afgevuur het, vertel Rani.

Die verdagtes het daarna in ’n mielieland ingehardloop.

Volgens Rani het die verdagtes klapmusse gedurende die aanval gedra. Een van die aanvallers se klapmus het egter gedurende die struweling met Elize afgeval en sy het gesien dat hy rastalokke het.

Luidens inligting verskaf deur Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die twee aanvallers deur die mielieland te voet op die pad naby Windfield in die rigting van die informele nedersetting gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
KrokodilBotha

In die lug in gevuur. ?????

Piet parys

Gelukkig lewe hulle nog. As jy aangeval word verdedig jou self moenie patrone in die lug opskiet nie.

Willehond

Skoot in die lug?? Moes hardloop om wapen te gaan haal?? Ek verstaan niks meer nie!

ne

In die kop sou baie beter gewees het!

Andre Fouche

As daai man een dood geskiet het soos die klomp goed opgeleide ex-Bosvegters ens ens hier se sou hy nou met sy agterent in die tronk gesit het… hy het die regte ding gedoen