2 sterf, 1 beseer in Soweto-skietvoorval

Die toneel. (Foto: ER24)

Twee mans is Saterdagoggend dood en ’n derde gewond in ’n skietvoorval in Soweto in Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 11:50 na die toneel ontbied waar hulle by hul aankoms ’n motor oortrek met koeëlgate langs die pad in Protea Glen aangetref het.

Al die mans was in dié stadium nog in die motor, het Meiring in ’n verklaring gesê.

Twee van die mans het verskeie skietwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar terwyl die derde man, die bestuurder van die motor, matige beserings in die skietery opgedoen het.

Volgens Meiring is dié man op die toneel behandel waarna hy na ’n nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rondom die voorval is in dié stadium onbekend. Die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.