2 sterf in gru-ongeluk

Twee mense het vroegoggend in die ongeluk op die Klipheuwel-pad in die Wes-Kaap gesterf. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

Twee mense is dood en nog ʼn persoon ernstig beseer in ʼn gru-ongeluk op die Klipheuwel-pad naby Stellenbosch in die Wes-Kaap.

Kenny Africa, hoof van die Wes-Kaapse verkeerspolisie, het gesê die voertuie het kort voor 07:00 reg van voor, naby die weegbrug op die pad, gebots.

Die 29-jarige bestuurder van ʼn Toyota asook ʼn 15-jarige meisie wat saam met haar in die motor was, het op die toneel gesterf.

Die vrou in die ander voertuig is ernstig beseer en is na ʼn hospitaal vir verdere behandeling geneem, het Africa gesê.

Die pad was ʼn tyd lank gesluit terwyl die toneel ondersoek en opgeruim is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Kop-aan-kop met sperstreep!! = oorsaak van die ongeluk + spoed!!!! Tragies en SO onnodige lewens verlies!

Nic ·

Ek dink die Toyota het `n U draai gemaak voor die ander voertuig as ek dit so kyk

Cherokee ·

My onmiddellike raaiskoot ook dat een van hulle ‘n u-draai gemaak het. Die Toyo is middeldeur.

Johan Prins ·

Kyk mooi. Die voertuig wat in twee stukke is se voorkant is feitlik ongeskonde. Geen kop aan kop nie.

HAB ·

Die Toyota is middeldeur,
Dit moes een helse slag gewees het.
Sper strepe waar motors staan?

Johan Kriel ·

Die ongelluk het reg voor my gebeur. Ek het uit gespring en dadelik oor die pad gehardloop. Die 2 insittendes van die Toyota was opslag dood. Ek kon nie die geslagte van die persones agterkom nie. Die dame in die ander voertuig het geroep om hulp, mens kon sien sy was ernstig beseer. Ek het na haar toe geharloop waar sy probeer het om die deur van die voertuig oop te maak. Ek het toe die deur oop gekry maar kon sien dat sy nie uit die voertuig uit sal kan klim nie. Haar bene was vas gevang en het duidelike skade rondom die kniee gehad. Ek het haar net probeer kalmeer en gese dat die nood personeel reeds oppad is. Teen daai tyd was daar reeds 2 verkeers voertuie op die toneel.
Ongelukkig moet y ek noem dat die bestuurder van die Toyota sonder twyfel hoogs onder die invloed was. Etlike honderd meter voor die ongelluk het hulle amper die kar gerol… Dit was n bitter moeilike ding om te aanskou.

Estelle Erasmus ·

Ai Johan, so jammer dat dit moes gebeur het. Dankie vir u antwoord., nou verstaan mens beter voor enige lelike aanmerkings gemaak kan word. Sterkte vir jou wat dit moes aanskou het.

Veronica ò ·

Dankie vir die bestuurder wat die beseerdes te hulp gesnel het maar dink aan die families van die oorledenes voor u stellings maak. Dis maklik om aan te neem die bestuurder was onder die invloed. Sy het dalk siek geraak. Epilepsie., beroerte, hartaanval, transischemie. Enigeiets is moontlik. Sy het haar 15 jarige dogter by haar in die kar gehad en wou dalk by n hospitaal of dr kom. In Suid Afrika is mens nou te bang om af te trek as jy slegs voel. Jy weet nooit wie stop om jou te “help” nie. My punt is egter as n kar slinger of gevaarlik bestuur is dit nie vanselfsprekend dat die bestuurder dronk us nie. Gee die gereg kans om sy gang te gaan voor julle afleidings maak

humor ·

Een manier wat sal meehelp dat ons minderheidsgroepe sal handhaaf……..bly van die pad af.

Rissiepit ·

Humor en Skaap, wat is fout met julle? Humor, wat het die ongeluk enige iets te doen met “minderheidsgroep”? Skaap jou gedagtes klink skaapagtig. Begin klink na minderwaardigheidskompleks! Verder dit was ongeluk. Almal gee hulle opinie oor wat die ongeluk veroorsaak het. So behalwe as jy in een van die twee motors was of ooggetuie nie een weet nie.

leser ·

simpatie met naasbestaandes
as jy na die skade aan die toyota kyk, kom dit weer by ‘n laslappie kar uit
skeur in die middel uit mekaar, was weer 2 voertuie wat een gemaak is
daardie kar moes nooit op die pad gewees het nie
waar is die wetgewing wat dit moes afgeskryf het

PJC ·

Die paduirleg daar maak dit uiters gevaarlik. Dit is verbasend dat daar nie meer ongelukke voorkom nie want mense ry hopeloos te vinnig daar vir die omstandighede.

ESME ·

as mense net die padreels wil gehoorsaam so onnodig 3 dinge wat die gevaarlikste is verby steek ,u draai ,spoed want jy is ongeduldig dit skiet ver verby dronk bestuur

ESME ·

as mense net die padreels wil gehoorsaam so onnodig 3 dinge wat die gevaarlikste is verby steek ,u draai ,spoed

Gert ·

Daardie stuk pad is n nagmerrie, juis omdat swaar vragmotors deur verkeerspolisie afgetrek word vanaf N1. Dit veroorsaak reuse verkeersopeenhopings by die T-aansluiting en area oppad na die weegbrug. Hier boet mense nou met hul lewens, waarskynlik te danke aan die gevaarlike toestande wat geskep word deur swak beplanning en ligging van die weegbrug.

WONDER ·

Gert hierdie ongeluk het niks met die weegbrug se gebruik deur swaar voertuie te make nie. Dit is die mens self wat hierdie ongeluk veroorsaak het. Ek stem wel saam dat die weegbrug op n baie swak plek sit wat die verkeers opeenhoping aan betref.

Kolskoot ·

Alle oorsake van ongeluke is SPOED amptenare en publiek is met spoed oor die kop geslaan ek reis elkedag tussen 250 en 300 km op die pad die goed wat onosele bestuurders aanvang verstom my . Verplig alle motors op die pad om cam monitors in te sit alle nuwe voertuie moet sommer daarmee uitkom
Dan sal julle die oorsake van ongeluke sien

Bennie ·

Stem saam Gert. Hierdie stuk pad is ongelooflik gevaarlik. Die vragmototrs staan soms in rye om by die weegbrug in te ry en mototra oppad Stellenbosch toe moet verbyskuur. Dit als op n besige kruising waar motors van die N1 indraai. Swak, swak, swak beplanning!

Ekurhuleni brandweer man ·

Hoe plaas julle fotos van ongeluk tonele waar die oorlede persone nog in die voertuie sit? Dis mos oneties
Ek is ‘n brandweer man, en weet dat so ‘n foto nie geplaas kan word nie, of persone moet toe gemaak word of die foto moet geneem word na hulle uit die voertuie gehaal is. Dink net aan die mense wie se familie of vriende daai is wat die foto nou moet sien!

Zeke ·

Ek stem 100% saam dit is teen die wet.
En oneties teen oor die sterftes se familie.

Penelope ·

Sjoe dis so onnodig. Jammer vir die families.
As die observasie van die ooggetuie korrek is, dan hoop ek ander leer daaruit om nie onder die invloed te bestuur nie, en varal nie met ‘n ander in die voertuig nie…… Mens stel nie willens en wetens iemand anders se lewe in gevaar nie. Ek hoop die dame van die ander voertuig herstel gou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.