2 sterf in kettingbotsing

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Minstens tien mense is beseer en twee is dood toe drie voertuie Saterdagoggend op die N6 in die Vrystaat gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 05:00 sowat 25 km buite Reddersburg plaasgevind.

“Paramedici van ER24, die Vrystaatse nooddienste, die brandweer en ander ambulansdienste is na die toneel ontbied waar die wrakke van die voertuie en wrakstukke regoor die snelweg aangetref is,” het Vermaak gesê.

“Die bestuurder van een van die voertuie en ʼn baba is met noodlottige beserings aangetref. Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak het gesê minstens tien ander mense het van geringe tot matige beserings opgedoen. Die mense is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir mediese behandeling en waarneming.

ʼn Gedeelte van die snelweg was vir ʼn geruime tyd vir verkeer gesluit. Die oorsaak van die botsing is onbekend en word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Melissa ·

Hoeveel onskuldige kindertjies moet nog hul lewens verloor voor mense gan padreels gehoorsaam?Ek stem mense ry VERS te naby aan die voorste voeruig se agterent!!

Cherokee ·

Melissa, dit wat jy in jou eerste sin sê verwoord dit waaraan ek gedink het toe ek dit lees. Betreffende jou tweede sin, as jy net genoeg spasie laat word dit opgeneem deur ‘n ander voertuig en sodoende sal jy moet bly terugval in die ry en selfs dit kan somtyds ook gevaarlik wees (wanneer jy stadiger ry as die gemiddelde spoed wat gehandhaaf word op daardie pad).

‘n Uur gelede het ‘n 4X4 trok my in Durban vanaf ‘n regterkantse baan uit my baan gedruk en as ek nie padgegee het nie, sou daar ‘n ongeluk gewees het. ‘n Robot het hom gedwing om te stop en ek het langs hom stilgehou en uitgeklim maar hy het bloot weggetrek en gery. Padwoede word soms uitgelok.

Ek vra ·

Is dit dieselfde ongeluk waar Arrive Alive dit het as twee volwassenes en ‘n baba dood? Die baba was sewe maande oud en ook nie in ‘n babastoel vasgegordel.

pieter ·

Hoekom is die overhede net oor december so streng dit moet deur die jaar so wees ,waar begin die onverskilligheid in dorpe en stede stopstrate ,sperstrepe ,geen parkering,robotte ,u draaie word verontagsaam en verkeersdepatemente doen niks wil net agter kamaras wegkruip , bring pad disipline terug in dorpe en stede en ons sal sien hoe verminder ongelukke,Dan praat ek ni eens van taxis nie

Chris Ws ·

Daar moet 1000 maal meer spoedlokvalle wees op al ons paaie want min motoriste hou by die aangeduide spoedperke.Dan moet daar baie verkeerspolisie op ons paaie ry wat bewegende oortredings op video vasle soos in baie lande en oorteders swaar beboet.Begin by R10,000.Dan motoriste wat veral op sper strepe verbysteek moet hof toe sonder die keuse van ‘n boete want meeste ry in luukse voertuie en betaal ‘n boetetjie uit sy agteersak uit.
Vervoer Minister Joe Watsenaam,skud jou kop want jou oe haak vas op jou salaris tjek!Doen vir ‘n slag die werk van ‘n minister van vervoer.Streng Wetstoepassing OP die paaie SAL ongelukke laat afneem,nie “Arrive Alive” foefies langs sekere paaie nie!

Andre ·

Padwoede word nie ontlok nie, maar dit is ons wat oorgee aan die onbeskaafde gedeelte in ons brein. Die breinbasis huisves ons primitiewe oorlewings drange. So uitklim om mense te wys, dreig, slaan, waarsku is waar die primitiewe brein funksies is, sonder logika en redinasie vermoe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.