2 sterf in Philippi-brande

Argieffoto

Twee mense is dood toe hul woonplekke Maandag in die vroeë oggendure in Philippi in Kaapstad in twee afsonderlike voorvalle in brande verwoes is.

Die brande is binne ’n halfuur van mekaar aangemeld.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer- en reddingsdienste in Kaapstad, sê brandbestryders is omstreeks 01:50 na die eerste brand in Feljisiweg in Philippi-Oos ontbied.

Een skuiling was in ligte laaie by die dienste se aankoms op die toneel. Die vlamme is geblus waarna die liggaam van ’n 20-jarige man in die struktuur gevind is.

Die tweede brand is omstreeks 02:15 in Browns Farm in Hlunguluweg aangemeld.

Dié brand het die lewe van ’n man geëis terwyl ’n vrou met brandwonde op die toneel behandel is voordat sy na ’n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die polisie is vanoggend na albei tonele ontbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.