2 sterf, talle kinders beseer toe bussie omslaan

Minstens twee mense het in die ongeluk gesterf. (Foto: ER24)

Twee mense, onder wie ʼn kind, is dood toe ʼn minibussie Maandag op die R103 in Rosetta in KwaZulu-Natal omgeslaan en in vlamme uitgebars het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê 16 kinders is beseer.

Paramedici het die smeulende taxi in die middel van die pad aangetref. Verskeie kinders was in die wrak vasgekeer, terwyl talle ander uit die voertuig geslinger is en buite die voertuig gelê het.

Die brandweer het die vlamme geblus en die vasgekeerde kinders uit die wrak bevry voordat paramedici op die ongelukstoneel aangekom het.

“By nadere inspeksie het paramedici gevind dat ʼn volwassene en ʼn kind reeds aan weens veelvuldige beserings gesterf het. Provinsiale nooddienswerkers het hulle op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die beseerdes is na verskeie hospitale vir behandeling geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leon ·

Die oorsaak van die ongeluk is maklik. Onbevoegde taxi bestuurder.

Emily ·

Spoed en roekeloos, Liewe hemel die taxis ry so onverskillig en roekeloos, Ons sien dit elke dag. Hulle is so bang hulle verloor n paar rand. Hier in Pretoria het hulle nie n saak nie, Vat sommer al vier bane, stop laai af en op, Foeter voor busse en ander voertuie in.
Nee wat dis tyd hulle vasgevat word, maar Almal is te bang om hulle aan te vat.

Yolande ·

Ons sien en lees daagliks van Taxi’s wat ongelukke veroorsaak of ongelukke maak, maar word daar iets aangedoen, NEEEE want die polisie en metro polisie is te bang om iets aan hierdie gemors van taxi bestuurders te doen. Hulle maak absoluut net wat hulle wil

SonderSkaamte ·

Het julle al gesien hoe ry die taxi’s ?
Dis nou die hoeveelste Taxi ongeluk ? Dalk iets soos op alle publieke vervoer inbring – sny drade of wat ookal gedoen moet word sodat daardie voertuig net 60km/p kan ry. Al hoe die probleem opgelos kan word. Ek sien mos in die oggend voor my huis. F1 se moses dit sal iets klink soos here comes Taxi 1 and ooooh Taxi 2 overtakes etc etc…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.