2 sterf toe 3 vragmotors bots

Een van die vragmotors het heeltemal uitgebrand (Foto: Verskaf)

Twee mense is dood toe drie vragmotors Woensdag in die vroeë oggendure in ʼn ongeluk betrokke was op die N7-deurpad sowat 5 km buitekant Citrusdal in die rigting van Clanwilliam in die Wes-Kaap.

Volgens Kenneth Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, het een van die vragmotors wat in die ongeluk betrokke was heeltemal uitgebrand.

Nooddienste is na die toneel ontbied. Twee van die vragmotorbestuurders is op die ongelukstoneel dood verklaar.

Motoriste is versoek om ʼn alternatiewe grondpad deur die Cederberg Algerië-gebied as ompad te gebruik. “Ons het motoriste gevra om geduldig te wees terwyl ons probeer om die pad so gou as moontlik vir verkeer oop te stel,” het Africa Woensdag omstreeks 05:00 gesê.

Nog geen verdere inligting oor die oorsaak van die ongeluk of die derde vragmotorbestuurder is bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

RS ·

Dis bitter hartseer. As n persoon wat betrokke is in transport is hierdie ons almal se grootste vrees. Maak nie saak wie skuldig is nie Ons dink aan die mense se families.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.