2 sterf toe gemeenskap reg in eie hande neem

Argieffoto ter illustrasie. 

Twee mans is Donderdagoggend naby Witrivier in Mpumalanga dood toe ontstoke lede van die gemeenskap dié mans aan die brand gesteek het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê lede van die gemeenskap het ook die mans se huise aan die brand gesteek. Een van die oorledenes was ʼn pastoor in die gemeenskap.

Dié voorval volg kort nadat die polisie Woensdag die liggame van twee sussies wat vroeër vandeesweek vermis geraak het, in ʼn sloot naby hul huis naby Witrivier gevind het.

Volgens Hlathi kan die polisie egter nie in dié stadium bevestig of die onderskeie voorvalle verwant is en of die twee mans enigsins betrokke was by die moord op die twee sussies nie.

Maroela Media het vroeër berig die sussies, ses en sewe jaar oud, het Dinsdagmiddag in Masoyi naby Witrivier verdwyn. Hulle is die laaste keer gesien waar hulle in die omgewing gespeel het.

“Die polisie is ontbied en het onmiddellik met ʼn soektog na die twee meisies begin, maar sonder sukses. Hul liggame is Woensdagoggend in ʼn sloot naby ʼn stroom nie ver van hul huis nie aangetref.”

Volgens Hlathi was albei meisies naak toe hul liggame gevind is. Daar word vermoed dat hulle moontlik verwurg is en die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat hulle verkrag is.

Hy het bygevoeg dat vanoggend se voorval moontlik net die oorvloei van emosies kon wees ná afloop van die eerste voorval vroeër vandeesweek in dié gebied.

Hlathi het ’n beroep gedoen op die gemeenskap om nie reg in eie hande te neem nie. Hy het versoek dat alle inligting rakende die twee voorvalle by die plaaslike polisie aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frikkie ·

Reg word in eie hande geneem omdat die publiek radeloos is oor die polisie ens. in sulke gevalle nie voldoende funksioneer nie?…ek kan dit verstaan…maar mense moenie dood gemaak word nie, vang (en slaan dalk?) eerder en wag dAn vir die polisie…ons moet n’ “citizens arrest” kan maak?

Boerboel ·

Lyk my in die geval was die Polisie so n’ bietjie te laat .
” The tribe has spoken” !

NuweSA ·

My redenasie is dat as die “gemeenskap” so oortuig was dat die twee mans skuldig is, waarom het hulle nie verklarings gaan afgee by die polisiestasie nie? Hulle kon ook die EFF/BLF/ANC die geleentheid gegee het om hulle stemme dik te maak laat “geregtigheid” geskied. Oh skies, jammer ek het ‘n fout gemaak, as swart op swart teen mekaar veg dan is daai klomp se bekke stil ongeag dat twee dogters hulle lewens verloor het. Dis hoe baie hulle omgee vir hulle “community”!

Koos de Meyer. ·

Is dit nie maar ‘n oog vir ‘n oog nie. Hoeveel kinders nie al hierdie jaar vermoor en verkrag nie. Die gemeenskap is siek en sat want niks word gedoen nie.

Not Guilty ·

Saak afgehandel! Anders was dit jare en jare se gesloer en uitstel totdat die saak uitgegooi word. Hoop dit skrik ander misdadigers af! Indien hulle nie skuldig was nie, kan die “regstelsel” dit mos maklik bewys!

PR ·

Moenie die gemeenskap onderskat nie, hulle weet wat aangaan. Good riddance of evil persons.

Nettie ·

As swart op swart “bush justice” plaasvind, kraai geen haan weer ooit daarna nie en kom daar dadels van enige ondersoek agterna ……

Maar laat blanke boere nou nét dit wáág om te probeer geregtelikheid te láát plaasvind (vs. daardie geval van die 6 boere wat die 2 vermeende plaasaanvallers ‘reggesien’ het – Die Parys 6; asook die Doodskis 2 en meer onlangs, Schutte en Doorewaard – die Coligny 2) deur die vermeende oortreders aan te keer (aangesien die Polisie dit nie kan regkry nie) en hulle polisiestasie toe te wil neem ………………….

Salomé ·

Glo,ook nou nié,dié gemeenskap, sal reg in eie hande neem,op totaal ONSKULDIGE mans nieeee….hulle weet def IETS, wat die polisie mis…
EN WÍÉ KAN HULLE DIT VERKWALIK, DAT HULLE OOKAL SIEK EN SAT IS VIR MISDAADIGERS… ?

Skokkend ·

Geen inhegtenisnemings nie, moet NET nie ‘n ou in ‘n kis indruk nie . .dis 17 jaar .. maak hom eerder dood.

Pieter du plessis ·

Dit is wat gebeur as die polisie nie hulle werk doen nie ,en dit is nie meer lank voor die mense hulle lêplek( polisie stasies)gaan teiken nie mense wit en swart is moeg vir die leegleers.

Anni ·

Wat as ek mag vra het di polisie nie hul werk gedoen nie. Daar is mos aangemeld van vermistes en daar is gesoek na hul. Moet die polisie altyd die skuld Kry. En dis Reg dat Reg in eie hande geneem is.

fourie ·

Hi Anni sien jy het niks te sê gehad oor die polisieman wat die seun in die rug geskiet het nie.

schaun ·

Hulle sou nie reg in eie hande geneem het nie as hulle die polisie vertrou het.Ek stem saam as die polisie doen wat hulle moet hoekom groei die sekuriteits maatskappye teen so n tempo.

Fifi ·

Wel as die twee skuldig all good and well
As dit nie was nie gaan soek dan maar weer
Onthou net om sorry te sê

Sooooo jammer vir 2 onskuldige dogters

Geregtigheid ·

Ons moet dit ook begin doen met plaas moorde. Brand die skuldiges.

Jerry ·

Dit is so dat n gemeenskap soms weet wie n moontlike verdagte kan wees as iets gebeur. Dit is egter ook so dat binne hierdie gemeenskappe is dit bose gewetenlose misdadigers wie die septer swaai, soos die tsotsis van n township wat onlangs in die hof verskyn het. Hulle woord is wet en as hulle van iemand in die gemeenskap ontslae wil raak en van bewyse, maak hulle die persoon verdag, sweep hulle die gemeenskap op en gaan saam met die gemeenskap na die persoon se huis en beskuldig die persoon valslik, soms van n misdaad wat deur hulself gepleeg is. Dit ontaard in n argument, iemand tel n klip op en gooi en die res doen dieselfde en dan brand hulle die slagoffers om bewyse te probeer uitwis. Dit is onmoontlik vir die SAPD om n hele gemeenskap wat deelgeneem het aan die teregstelling, te arresteer, veral n gemeenskap wat niks gesien het, niks gehoor het en niks daaroor se nie! Die ondersoeke na hierdie sake eindig sommer net daar waar dit begin het, want dit sloer vir jare totdat dit vergete raak. Reg of verkeerd, waar of vals, township mentaliteit verdra geen onreg nie! Hoekom val passasiers die treindrywers aan met klippe wanneer die trein gaan staan? Oor die township mentaliteit van onverdraagsaamheid wat geen onreg verdra nie, dit is hoekom! Is die treindrywers skuldig, nee beslis nie, so daar bestaan n redelike kans dat die twee mense wat vermoor is, moontlik onskuldig was?

Sarel ·

Hierdie jungle justice gaan meer en meer begin plaasvind. Publiek is moeg vir misdadigers wat as die enigste met regte behandel word. Ons woon lankal nie meer in n land waar die reg die oppergesag is nie, die misdadiger word verafgod.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.