2 sterf toe motorfiets, motor bots

Die wrak van die motorfiets wat in die botsing betrokke was. (Foto: ER24)

Twee mense is Woensdagmiddag dood toe ’n motorfiets en ’n motor op die R82 in Vereeniging in Gauteng gebots het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 17:00 na die ongelukstoneel onbied waar hulle by hul aankoms ’n motorfietsryer aangetref het waar hy ’n ent van sy motorfiets gelê het.

Die motorfietsryer is op die toneel dood verklaar.

’n Vrou is in die wrak van ’n motor op die toneel aangetref. Sy het ernstige beserings opgedoen en is deur paramedici behandel voordat sy aan haar beserings beswyk het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vrou was 52 jaar oud en die man in sy 40’s.

Volgens Herbst is die omstandighede rondom die botsing nog onbekend. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

Die wrak van die motor wat in die botsing betrokke was. (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

p ·

spoed van moterfiet of hoe . Hoe kan n kar o lyk as hy 60km gery het

Wielspore ·

Tragedie, die impak op die kant van die motor is erg en die motorfiets is ‘n wrak. Dit wil voorkom of spoed in hierdie geval ‘n rol gespeel het.

Think Bike ·

Dis baie duidelik dat die motor voor die motorfiets wat aangekom het ingedraai het. Selfs teen 60km/h kan daai skade voorkom. Tragies vir beide bestuurders, maar mense moet leer om te kyk – wat gebeur is mense kyk of pad skoon is, kyk dan of ander kant skoon is en ry dan sonder om weer te kyk. Sterkte vir beide families in die hartseer tyd.

Vraagteken ·

Thinkbike, ek weet nie so mooi of daardie fiets teen 60 gery het nie. Vir ‘n kar om so te vervorm op sy B-pillar benodig baie energie, om nie eers te praat van die fiets nie. Terloops, het jy gesien daardie fiets het nie ‘n nommerplaat op nie? Daar is ‘n rede hoekom hy nie een op het nie.

Verder, ek is seker daardie vrou het gekyk soos jy gesê het, maar as ‘n motorfiets vinnig ry dan help dit absoluut niks – vat dit van iemand wat self fiets ry. Op ‘n fiets moet jy baie verdedigend ry en ry asof die ander persone nie kyk-ek weet nie van hierdie situasie nie.

Susan ·

Liewe mense. Dit het voor ons hek gebeur. Die dame wou indraai regs, flikkerlig aan..(daar is n slipway links) motorfiets het regs verby gegaan terwyl die dame gedraai het. As jy nie daar was nie moet nie raai nie.

Stofdonkie ·

Ek kan net weer dink wat hier gebeur het. Motor-bestuurders dink hulle kan mos net voor motorfietse inry. Mense kyk nie vir motorfietse nie en is meeste van die tyd nog besig op hulle fone ook.

YsterPerd ·

Stofdonki, ek stem saam jou gevolgtrekking,

Dis n daaglikse gebeurtenus wat deur motorfiets ryers ondervind word.
Cagers kyk, maar sien nie die aankomende motorfiets nie

Vraagteken ·

Stofdonkie, ek stem met jou gevolgtrekking dat mense op hulle foon te besig is. Alhoewel, jy laat dit klink asof mense permanent aspris voor fietse inry – dis nie die geval nie.

GhostSA ·

Dan praat ons nie eers van motirs wat robotte ignoreer nie. Woensdag oggend weer n bike ge-tbone voor my 5 sek nadat die lig gewissel het, en dit was seker omtrent 10 karre wat dit gedoen het.

GhostSA ·

Stofdonkie hulle doen. Ek kry dit gereeld dat motors my aspris afsny

anton ·

Ek ry self motorfiets maar sien daagliks hoe baie motorfiets ryers jaag in die stad.
Dink nie hulle besef dat as jy so vinnig ry, die motor bestuurders jou soms nie kan sien voor dit dalk te laat is nie.
En dan word hulle kwaad vir die motoriste en dink hulle het met opset voor hulle ingery.
Die gesegde wat se dat as jy wil hospitaal toe gaan of dood gaan, moet jy net in n dorp of stad jaag met n motorfiets, is baie waar!!!

Se Net ·

Ek sekondeer
Motors moet mooi ry dat mororfietse vinnig kan ry en vleg deur die verkeer…

JohanL ·

Anton, baie dankie vir daai eerlike inset komende van iemand wat self motorfiets ry.

G ·

Ek sien daar is nou weer ongeluk-kenners hier vandag. Kyk na twee fotos en weet presies wat gebeur het, wie se skuld dit is, en wat die oorsaak was.

Swannie ·

Jac, ek betaal ook lisensiegeld vir my motorfiets, so ja, ek het dieselfde reg as enige ander persoon om ons land se paaie te gebruik.

Hoekom braak jy nie liewer gal oor trapfietse wat nie lisensiegeld betaal en eintlik nie hoort op ons land se nou paaie nie ?

Dis duidelik dat die motor ge- “T-Bone”is , so die enigste gevolgtrekking is dat die motor voor die motorfiets inbeweeg het.

Poot ·

@jac
En jy het seker nog elke keer jou spieels en flikkerligte gebruik as jy voor ń motorfiets ingery het.

Speedguard ·

Neee , fietsryers dink hulle is, hul kry mos ‘n tittel akte vir die pad saam met die fiets (Trap fietse) Gaan ry gerus in die Midvaal omgewing dan sal jy sien hoe vloek en skel hul jou!

Danie ·

Die think bike sticker moet verander word na think car. Die motortfiets ryers besef seker nie mooi dat ń kar jou nie kan sien kom as jy ry teen 120km/h in ń 60 zone nie. Die spoed reels geld vir Motorfiets ook.

Poot ·

@Danie
Julle kan ons sien….. julle kan net nie spoed en afstand skat nie.

Vraagteken ·

Danie, ek stem 100% saam met jou. Motorfietsryes (insluitend myself) moet besef dat “it takes two to tango”.

Danie ·

Die think bike sticker moet verander word na think car. Die motortfiets ryers besef seker nie mooi dat ń kar jou nie kan sien kom as jy ry teen 120km/h in ń 60 zone nie. Die spoed reels geld vir Motorfietse ook.

Prezz ·

Jac jou stert ons betaal ook lisensie geld so ja ons mag op die pad wees. Se eerder dis sad dat 2 mense oorlede is.

Kobie Welgemoed ·

Kom kyk op Sondae op die R59 verby Sasolburg. Die motorfietse jaag teen ‘n hoë spoed verby jou sonder nommer plate. Geen wonder daar is orals blomme teen die heinings.Die verkeersbeamptes doen niks. Die foto wys die motorfiets was op ‘n hoë spoed.

ES ·

Kyk net na die foto – daardie motofietsryer het vinnig gery om daardie kar so te kon induik. In die stad moet beide motorfietsryers en motorbestuurders die reels nakom.

Ek sien te veel motorfietsryers wat baie vinniger as die spoedgrens ry elke dag in Johannesburg en baie motorbestuurders wat voor ander mense inry of ry sonder om te kyk. Dit is ‘n dubbele-verantwoordelikheid vir byde tipe bestuurders om vir mekaar uit te kyk EN DIE REELS TE VOLG.

Anne ·

Dankie ES. Presies nes jy daar sê. As iemand wat lank op ‘n groot bike gery het en wat ook in ‘n soortgelyke ongeluk was, kan ek sê ons was in die stad, die motorbestuurder het oor ‘n stopstraat gery en ons het ook so in die kar se deur vasgery. Die verskil was net ons is lig beseer omdat ons tussen 60 en 70 km/h gery het. Mense wat sê daardie biker het relatief stadig gery is effens verkeerd. Dit bly baie hartseer en innige simpatie met die familie van albei partye.

Poot ·

Ek sal graag wil sien waar in die padrëels dit staan dat motorfietsryers nie tussen verkeer mag deur ry nie. Iemand stuur dit asb vir my. Ek ry al 37jr lank motorfiets. Wil tog net graag my kant “skoon” hou.

Vraagteken ·

Poot dis 100% wettig – jy mag vleg. Die punt wat probeer gemaak word is dat dit nie altyd veilig is nie, veral nie teen ‘n spoed hoër as 60 km/h.

Poot ·

@Danie
Julle kan ons sien….. julle kan net nie spoed en afstand skat nie.

Kat ·

@poot. Dit staan dalk nerens opgeskryf in die padreels nie. Maar dit is sooo gevaarlik om so tussen deur motors te vleg. Daars n verskil in wat jy “mag” doen en wat jy weet onveilig is om te doen. As die motorfietsryer so tussen deur die motors deur vleg sien MENS NIE DIE MOTORFIETSRYER NIE!! Dit bly die punt!! Jy, as motoris sien eers die motorfiets nadat hy verby jou is..en dan is dit te laat, want dan wou die motoris dalk al bane verwissel het.

Maak nie saak eat gebeur het nie, so hartseer oor die 2 lewens wat omgekom het.

Faith ·

Julle oordeel sonder korrekte inligting. Ons ken die motor bestuurder. Sy wou in draai toe motorfietse ge”overtake het. Dis bitter hartseer en so onnodig. Man van motorfiets het kinders sonder n pappa nou. En so is haar gesin sonder hulle ma nou. Beide partye het n bitter groot verlies en hartseer

Johan ·

Daar is nog n moontlikheid behalwe dat die motor voor die fiets ingedraai het soos hierbo aangegee, een van die twee mense wat oorlede is kon n stopstraat of verkeerslig verontagsaam, wie skuldig is sal ons nie weet uit net die fotos uit nie, so om klippe te gooi en te bespiegel gaan nie help nie.

Beide motoriste en motorfiets ryers het n reg om die pad te gebruik soos hierbo genoem en daar is swak gedrag aan beide kante, ongelukkig is die paaie gevaarlik vir almal en waag mens jou lewe, maak nie saak in watter voertuig jy is nie.

My innige simpatie met die families van beide.

Elize ·

Ek glo die voertuig het reg voor die motorfiets ingery. Geen motorfiets ryer sal reguit op n voertuig afpyl nie. En ek stem saam met swannie, die gewone fietse hoort nie op die pad nie. Hulle is baie erger as motorfietsryers

BANDIT 1200 ·

Ek ry self motorfiets. Enige iemand kan motorfiets
ry maar nie almal kan veilig motorfiets ry nie. Vir motoriste lyk dit of jy ver is as jy aankom maar as jy te vinnig ry dan dink jy die motor draai aspris voor jou in maar spoed en die motorfietsryer se sigbaarheid is die probleem.
( Gaan oor wat die oog/brein sien en nie wil sien nie).Motorfiestryers kan regtig baat om op youtube na MC Rider se reeks te kyk oor hoe om veilig motorfiets te ry. Dit het my geweldig baie gebaat. Meeste ongelukke IS motorfietsryers se skuld!!! Daardie motor se dak frommel nie so teen 60kmph nie en motor draai nie net voor jou as ryer in nie….wees sigbaar en dink aan moontlikheid dat alle motorriste jou jou nie kan sien nie….Ek werk in hoofstraat en die spoed waarmee sommige mense met fietse hier verby kom tussen verkeer is verbysterend. Jammer vir die verlies van lewe.

Leon ·

Padreëls geld vir motors en motorfietse. Ek sien hoe hulle soos maniake op die snelweg ry. Ek sien ook hoe motors geen respek het vir fietse en motorfietse. Soos ‘n motor bestuurder moet uikyk vir motorfietse moet motorfietse uitkyk vir motors.
Motors maak u-draaie op die snelweg wat presies dieselfde gevolg het as die ongeluk. Ek weet want ek was amper ‘n slagoffer van ‘n vrou wat sommer in die vinnige laan op die snelweg ingedraai het. Jammer ons het nie meer verkeerspolisie nie. Ons het persone wat uniform dra. Hulle kan nie eers verkeer beheer nie. Hulle moet nou al selfs ‘n versekeringsmaatskappy kry om verkeer te beheer want hulle is onbevoeg om dit te doen. Hoe sal hulle nog sulke probleme kan oplos soos bestuurders wat roekeloos ry. Dit is makliker om denkbeeldige oortredings te skep en mense daarvoor aan te kla.

Thomas ·

Punt is dit, maak nie saak wie die fout maak nie, en of jy stap, fiets of motorfiets ry, – jy gaan die seerste kry. Wat is so moeilik om te verstaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.