2 sterf toe Rooimiere besetters verwyder

Die Rooimiere het onwettige grondbesetters in uitvoering van ʼn hofbevel probeer verwyder. (Foto: Twitter/Crime Air Network)

Twee mense is Woensdagoggend by Rust ter Vaal naby Vereeniging dood en drie ander beseer toe die Rooimiere onwettige grondbesetters in uitvoering van ʼn hofbevel probeer verwyder het.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Stanley Gaba, woordvoerder van die Emfuleni-munisipaliteit, het gesê die munisipaliteit het ʼn hofbevel bekom om die besetters van “onbewoonbare” grond te verwyder nadat al meer besetters strukture op dié grond opgerig het. Die Rooimiere se hulp is ingeroep om die strukture te verwyder.

Die Rooimiere was vanoggend na bewering besig om die strukture op die plaas Damfontein in die gebied af te breek toe ʼn skermutseling tussen hulle en lede van die gemeenskap ontstaan het. Twee mense het tydens dié voorval gesterf.

Die Rooimiere het onwettige grondbesetters in uitvoering van ʼn hofbevel probeer verwyder. (Foto: Twitter/Crime Air Network)

Luidens mediaberigte is ʼn lid van die Rooimiere een van die oorledenes. Masondo kon egter nie dié inligting onmiddellik bevestig nie.

Die R82, wat Vereeniging met Johannesburg verbind, is weens vanoggend se oproer gesluit en is nog nie weer oopgestel nie, het Gaba gesê.

Volgens Masondo is aanklagte van moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en openbare geweld by die polisie aanhangig gemaak.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Vra net ·

Dis nie dalk een van die dinge wat Siener voorspel het nie? Rooimiere / Swartmiere.

willem Botha ·

Moet die polisie nie by wees as die rooimiere die onwettige strukture verwyder nie ?? , was hulle weer besig om te ondersoek of te eet.

Piet kokewiet ·

Lekke lag ek nou vir julle comments dis so snaak mar eintlik waar??

Pieter du plessis ·

Dagvaar die polisie vir miljoene vat al die geld wat hulle begroot vir salaris verhoging want hulle verdien dit in elk geval nie.

De Villiers ·

Nee Pieter, ek dink eerder Ramaphosa moet pa staan hiervoor, want hy het mos grondonteiening aan almal opgedis en verwagtinge geskep. Nou moet die rooimiere die gevolge daarvan verduur, met hierdie nagevolge.

De Villiers ·

Ek dink Ramaphosa moet eerder pa staan daarvoor. Hy het mos grondonteiening voorgestel en ń verwagting geskep. Nou moet die arme Rooimiere die gevolge van sy uitlatings uitsorteer met sulke nagevolge.

IK ·

Ek het dit dat beide die rooimiere en polisie daar was. Daar is ook ‘n video.

Alida ·

Die leegleers wil ook nie hoor nie. As hulle vandag n struktuur opslaan waar het hulle die vorige 20 of 30 jaar gebly? Val sommer uit die lug uit. O nee.

Boet Fasie ·

Alida, baie van hulle kom van die buurlande af, hulle kry mos vinnig burgerskap en stemreg om vir die ANC te stem , in ruil word hulle huise en werk beloof.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

20 of 30 jaar terug was hulle nog nie gebore nie….

.
.
Die tyd stap aan.

Johann ·

Wel ons is midde n fyn beplande staat van anargie…wat dink ons gaan gebeur? Ergste is…die wat in hulle blou lig brigades rond rits SMULE BREED want hulle operate vanuit n onaantasbare magsbasis. Gewetenlose manipileerders.

Riaan ·

Wie betaal hierdie rooimiere?Hoop iemand het vir my n ordentlike antwoord.

Johan ·

Riaan dit sal mos natuurlik die belasting betaler wees wat die springkaan se gelde betaal!

Net So ·

Hierdie plakkers is nie net buitelanders nie. Dit is van ons eie mense in SA wat n kans vat om grond te beset. Van hulle het alreeds hop huise wat hulle uitverhuur. Ons grensposte is ook oop vir almal om net in te stap en grond te beset, ons hulpbronne uit te put, misdaad te pleeg en so doende het die onwettiges grond iewers van waar hulle vandaan kom en grond in SA plus voordele.

Vra Net ·

Wat sou jy anders doen as jy nou in die polisie was – hoe sou jy die saak hanteer het ?

Verbaas ·

Is ek die enigste een wat wonder wie de joos die rooi miere is? En hoekom het hulle daai naam gekry?

Ek weet ook nie ·

… nee ek wonder ook. Nog nooit van hulle gehoor nie (ek dog eers dis n bynaam vir die EFF)…
Ek woon seker onder n klip

@VraNet ·

Ek sou dadelik gaan KFC koop het , en daar oor gedink het ,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.