2 sterf toe vragmotor omslaan

Foto: Verskaf.

Twee mense is dood toe die bestuurder van ʼn vragmotor beheer verloor het en die voertuig op die N2 omgeslaan het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netwer911, het gesê die voorval het Vrydagaand in Izingolweni naby Port Shepstone aan KwaZulu-Natal se Suidkus plaasgevind.

Herbst het gesê Netcare911 is om 21:20 uitgeroep na die toneel.

Volgens Herbst is “twee volwassenes op die toneel dood toe die vragmotor omgeslaan het.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mossie ·

weereens n bewys dat motorvoertuie met of sonder geldige lisensies meer mense dood as vuurwapens met vervalde lisensies

IK ·

Jy is in die kol ‘mossie’. Selfs ‘n leek gaan sy kop skud om ‘n vervalde bestuurs- of voertuiglisensie te vergelyk met dié van ‘n vuurwapen. ‘n Geringe boete (is ek verkeerd?) en jy is wettig terug op die pad. Ek sien al hoe jy jou ryding moet gaan inhandig by die ‘poelieste’ vir vernietiging soos beplan word met vuurwapens. Ontwapening om jou meer kwesbaar te maak is maar die uiteindelike doel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.