2 tienermeisies, jong man vermis

Die polisie is op die spoor van twee tienermeisies en ’n jong man van Randfontein aan die Wes-Rand ná hulle vroeër vandeesmaand as vermis aangemeld is.

Sers. Carmen Hendricks, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Annika Lindeque (16), Christiena Diedricks (16) en Rohan Swart (20) is op 5 November die laaste keer gesien toe Swart na bewering die tienermeisies by die Hoërskool Riebeeckrand gaan oplaai het. Die meisies het die betrokke dag eksamen geskryf.

Volgens die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, is die meisies vroeër die dag tussen 07:00 en 07:30 onderskeidelik by die skool afgelaai. Albei het ’n blou romp, wit hemp, trui en skoolskoene aangehad.

Swart het ten tyde van sy verdwyning ’n ligbruin broek, wit T-hemp en swart tekkies aangehad. Hy ry met ’n grys Ford Ka met die registrasienommer TJS 727 GP.

Volgens die organisasie het Swart die betrokke dag aan iemand gesê hy gaan sy kop skoonmaak. Hy het na bewering die skoolmeisies gaan oplaai en is sedertdien soek.

Luidens Pink Ladies se inligting het een van die meisies na bewering ’n brief gelos waarin sy skryf dat hulle wegloop.

Enige inligting rakende die drie se ligging kan by konst. Tsietsi Magwai by 083 828 9777 of die Pink Ladies by 072 214 7439, 083 378 4882 óf 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Evert

Ford Kia? Kuga?

TwaalfBoor

Sal graag wil sien hoe lyk ñ Ford Kia.

Ogies

Dalk is dit ‘n Ford Ka?

Blommie

Ag asseblief Koos Nel, jy maak seker natuurlik engeltjies groot NE.
Sterkte aan die ouers, hoop hulle is okay en as hulle trug gevind word en alles is reg
Trek hulle gat velle af.

LOSKOP

Moet dit nie lees op soek na 2 tienermeisies en jong man nie .