2 ‘rowers’ tydens huisroof doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en poging tot moord nadat twee vermeende huisrowers Maandag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisroof in Lenasia in Johannesburg doodgeskiet is.

Kapt. Hector Netshivhodza, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn ouerpaar was vanoggend saam met hul seun en dié se vrou in hul huis toe hulle omstreeks 01:00 ʼn geluid in die erf gehoor het.

Die pa en seun het na buite gegaan om ondersoek in te stel. Drie gewapende rowers was op dié stadium reeds in die erf en het die pa en seun oorval en terug in die huis ingedwing, sê Netshivhodza.

Die pa, ma en seun is in die eetkamer van die huis vasgebind waarna die rowers die huis geplunder het. Die seun se vrou het egter vroeër in ʼn kamer gaan wegkruip toe haar man en skoonpa uit is. Sy kon daarin slaag om haar pa te bel om hulp te ontbied.

Volgens Netshivhodza het die vrou se pa die plaaslike buurtwag ontbied en hulle is saam na die huis toe. Hulle het die rowers op heterdaad in die huis betrap waarna die rowers op hulle losgebrand het.

“ʼn Skietery het tussen die rowers en lede van die gemeenskap ontstaan waartydens twee van die rowers doodgeskiet is. Die derde rower kon daarin slaag om weg te hardloop,” het Netshivhodza gesê.

Dié derde verdagte is nog op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Daan ·

Moet nie in die nag uit jou huis gaan nie! Selfs ook nie in die dag wanneer jy vreemde mense in jou erf hoor nie. Sluit jou deure,kry jou vuurwapen,bel vir hulp en druk die paniekknoppie. Skakel al die binneligte af en buiteligte aan.

Andre Stander ·

En as jy loadshedding het…? Ek dink in vandag se tyd is dit n geldige oorweging…

Dries du Toit ·

Minderhede word uitgemoor. Klein besighede spandeer miljoene aan sekuriteit om hulle goed sonder sukses te beskerm. Werksgeleenthede word sodoende verminder. Diefstal word die enigste opsie en uiteindelik bly niks oor nie

Blondie ·

Daan se stelling is so in die kol. Die meeste mense wil mos gaan kyk. Jy bly in jou huis. Laat die sekuriteitsmense hulle kom uitsort. Daarvoor is hulle opgelei. Dis ‘n dom besluit om te wil gaan kyk. Hierdie mense kan bly wees hulle het nie met hulle lewens daarvoor betaal nie.

Grapjas ·

@lg.

Wat is jou idee van paraat wees?
Paraat is om ten volle bewis te wees oor wat in jou direkte omgewing aangaan en te weet waar en hoev mense daar is.
versigtig wees is om in jou huis te bly en te wag hulle dop te hou sodat jy die oorand het, die verrassings element in jou kant te kan he.
Wat jy beskryf is nalatig en onverantwoordelik, dis hoe 90% van geslagde moorde ne anvalle gebeur, as jy wakker is as hulle jou eiendom betree en jy bly in jou huis en kyk onopsigtelik deur jou vensters om te sien kan jy hulle beweegings baie mooi dophou, dan weet jy wie om te bel en te se oor hoeveel mense daar is en jy kan hulle uitoorle.

Haan ·

Wat jy beskryf is alles reaktief. Om paraat te wees is om proaktief te wees. Soos bv om n vuurwapen en opleiding te kry. Om daardie wapen konstant by jou te dra. Honde, omheining, paniek knoppie, diefwering, veiligheidshekke, ens. Om sekere roetines aan te leer soos om rondom jou te kyk as jy by n robot stilhou of in jou oprit staan. Om paraat te wees is n leefwyse, en dit grief my om dit te sê, maar baie min mense is wel paraat. Ek is baie bly hierdie gesin het relatief ongedeerd daarvan af gekom.

humor ·

“Hou tog op om raad te gee.” Weet jy hoeveel boere en kleinhoewebewoners nog nie eens n veoligheidsheining om hul huise het nie.

Schalk ·

Geen omheining nodig nie as enige een in die nag my eiendom betree sal daar n gevolg wees.Die sulkes is nie in jou erf om te kom kos aflewer of jou tuin nat te maak nie.Almal in SA WEET moenie kom kap aan iemand se deur of venster in die nag nie en kom neuk by jou huis nie.

Wilma ·

En toe hol nr 3 weg. Wys hul is lafaards wanneer hul alleen is. Gemorsste

Heksie ·

Die Engelse spreekwoord lui mos: “there is no honour amongst thieves”.

George in Bloem ·

Boontjie kry sy loontjie. En die belastingbetaler word in die geval ‘n klomp geld gespaar. Goeie werk Dit moet meer kere gebeur,BAIE meer kere. Gespuis moet twee keer dink voor hulle ander se eiendom betree en probeer vat wat nie aan hulle behoort nie.Bravo!

anton ·

Ja hoe het nr. 3 weggekom?
Dit is baie jammer maar miskien goed want nou kan hy sy ander makkers gaan vertel dat 2 van hul eie dood is!!!
Miskien, net miskien dink hulle nou 2 keer oor hul misdaad planne.

Pieter Spire ·

Ek en my meisie is in die jaar 2000 aangeval deur 2 rowers en een het n mes gehad. Om dinge erger te maak, het die bandiete my meisie probeer..verkrag. Gelukkig nie reg gekry nie, maar ek was 2 keer met n mes gesteek. Die aanval het soos n ewigheid gevoel.

Dit is vreeslik en ek het erg post-traumatiese stress ontwikkel.

Ek is so bly die mense is veilig.

Wees paraad en wakker. Groete

Foxi ·

Die derde gemors van n rower wat weggekom het, sal sy dag op n ander plek kry……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.