2 van 3 moordbeskuldigdes weer vas oor nóg ʼn moord

Van links is Shaun Oosthuizen (38), Mandy Vorster (47) en Johnny du Plooy (28). Foto met vergunning van Laevelder.

Twee van die drie verdagtes wat borgtog toegestaan is nadat hulle in hegtenis geneem is in verband met die wrede moord op Hetta Potgieter, is weer in hegtenis geneem in verband met nog ʼn moord.

Johnny du Plooy (28), Shaun Oosthuizen (38) en Mandy Vorster (47) is in Julie in hegtenis geneem in verband met die moord op die 85-jarige Potgieter nadat haar liggaam op 9 Julie in haar selfsorgeenheid by die Macadamia-versorgingsoord in Nelspruit in Mpumalanga gevind is.

Die verdagtes is in ʼn karavaanpark in Krugersdorp in hegtenis geneem waarna hulle na Nelspruit geneem is. Hulle is op 3 Augustus in die Nelspruit-landdroshof op borgtog van R2 000 elk vrygelaat.

Die polisie het bevestig Du Plooy en Oosthuizen is intussen Woensdagaand weer in Krugersdorp in hegtenis geneem, dié keer in verband met die moord op ʼn bejaarde vrou in Alberton.

Die verdagtes toe hulle die eerste keer in hegtenis geneem is. (Foto verskaf aan Maroela Media)

Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn. Die moontlikheid word ook ondersoek dat hulle met tot ses moorde verbind kan word.

Maroela Media het vroeër berig Potgieter se liggaam is aangetref met haar hande vasgebind en ʼn voorwerp om haar nek gebind. Haar liggaam is in die badkamer gevind. Daar is glo R10 000 kontant van Potgieter gesteel. Sy het die geld by haar gehad om haar maandelikse betalings te doen.

Al drie verdagtes is veronderstel om op 26 Oktober weer in die Nelspruit-landdroshof te verskyn in verband met die moord op Potgieter.

Die Laevelder het destyds tydens die drie se borgtogaansoeke berig dat Oosthuizen sewe vorige veroordelings het vir diefstal. Vorster het vier vorige veroordelings, waaronder aanranding. Du Plooy het geen vorige veroordelings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Irene ·

Dit gebeur as moordenaars weer los gelaat word dan kry onskuldige mense seer

Bere hul nou vir lewenslank

Lynette ·

Hoe kry ‘n verdagte wat aangekla word vir moord – borgtog?? Dis al wat ek wil weet.

HPV ·

Om nog ‘n paar mense te vermoor, of is dit omdat hulle wit is? Sou borg egter geweier word sou baie op die platform sê dit is omdat hulle wit is…

Lientjie ·

En hulle het nie ‘n vaste adres nie! Hoe op dees aarde gebeur dit??

Cherokee ·

Jy gebruik die woord ‘ewig’ (te) roekeloos. Dit is ‘n term wat bo die menslike begrip is.

WIEBO ·

Ek skaam my dat daar wit mense is wat sulke gemors is! Julle is flippen slegte goed!!

Arno ·

GEEN BORGTOG OF PAROOL VIR ENIGE GEWELDSMISDADE MOET TOEGELAAT WORD NIE. Ons regstelsel laat die onskuldiges in die steek. Die hof sê daardie ou Tannie se lewe was R2 000 werd.

WONDER OOK ·

LYNETTE…..Jy weet mos in SA is die gereg aan die misdadiger se kant…..SAD!

Arno ·

Dag ajar die landros in sy persoonlike hoedanigheid sowel as die staat as medepligtiges.

Stuiwer ·

Moet kommentare altyd rassistiese ondertone bevat? Hierdie “mense” is nie rehabiliteerbaar nie, daarom is dit in almal se belang dat hulle lewenslank (sonder die moontlikheid van parool), toegesluit word. Gooi sommer die sleutels ook weg!

Jan ·

Ek kan verstaan as jy gevang word vir diefstal en vrygelaat word op borgtog…. Maar vir MOORD? Lyk my moord word ook nie meer gesien as ‘n “ernstige oortreding nie, eerder meer as ‘n “algemene oortreding” in SA.

Swak ·

… en hul teikens is oumensies – wat nie hulself kan verdedig nie …

Sandra ·

Ek dink dit is soos sy tereg met liefde en deernis gesê het – wanneer jy nie in staat is om jouself te verdedig nie. Tot dan is ons trotse Senior Burgers.

Esther Elizabeth Nigrini-Brink ·

En dan sit Frik Muller v Herbertsdale nog steeds in tronk op George.. Geen moord….. Maar hy kry nie borg

Lynni ·

Ja, ek haat dit ook as iemand na bejaardes as oumensies verwys. Hoekom die verkleinwoord. 7de laan se matrone verwys ook na bejaardes as oumensies. Dit verwyl sy self bejaard is.

wet ·

Die vroom woord is bejaardes. Oumensies is nie ‘n verkleineerde woord nie. Dit verwys na die persoon as oud en swak wat nie die vermoee het om homself teen ander te beskerm nie, wat hier die geval was.

Oudste ·

R 2 000.00 borg vir verdagtes vir moord, sonder ‘n vaste woonadres? Ek ken ‘n man wat gedurende die afgelope week gearresteer is vir bestuur van ‘n voertuig teen 110 km/h in ‘n 80km/h sone. Vaste woonadres, self werkgewend en borgtog, R 15 000.00. Maak net glad nie sin nie.

Jongste ·

@oudste, glo nie vir een sekond arrestasie vir 110 by 80 zone nie, die 40km bo limit in dorp en 60km op die highway. Borg word ook uitgewerk deur jou inkoste en finansies.

Johanna ·

Borgtorg vir moordenaars behoort glad nie toegelaat te word nie. En dan net R2000.00!!
Die stelsel is ongelyk.

alida ·

Hoe de hel het hulle borg gekry? Die Landdros moet hierdie keer baie mooi dink. Lewenslank is nie lank genoeg nie.

Wilma Botha ·

Maak nie saak watter kleur jy is nie, as jy aan gekla word van moord geen borgtog nie. Nou praat ek nie van idioties goed soos skiet ‘n skelm in jou huis of so iets nie. Maar goed soos die.

Tanzie ·

Ek verstaan nooit waarom iemand op borg vrygelaat word nadat hy moord gepleeg het nie!

Lourance ·

Want in SA is jy onskuldig tot jy skuldig bevind word. Kan jy dink jy word gearresteer vir moord waar jy onskuldig is, en moet sit vir jare tot jou verhoor kom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.