2 van Eskom, egpaar vas ná bedrog

hof-hamer

Argieffoto.

Die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad het Maandag vier verdagtes vir bedrog, diefstal en geldwassery ter waarde van R9,8 miljoen in hegtenis geneem.

Dingizulu Mthethwa (71) en sy vrou, Boniswa Mthethwa (54), het glo met die twee Eskom-beamptes Mwabisa Ngxoba (35) en Thabisile Cinderella Moropane (37) saamgesweer nadat die Mthethwas in 2013 ʼn instandhoudingskontrak vir die Mpumalanga-omgewing by Eskom gekry het.

Kapt. Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê tydens die kontraktydperk het die egpaar se magtigingsertifikaat verval, wat beteken dat hulle nie verder dienste mag gelewer het nie. Die kontrak sou na verwagting beëindig word.

“In stede daarvan het die twee Eskom-beamptes glo met die egpaar saamgesweer en bedrieglike fakture ingedien ten spyte van die feit dat hulle nie meer operasioneel was nie. Eskom het ʼn verlies van R2,9 miljoen gely terwyl die twee beamptes glo beloon is vir hul ‘pogings’ deur middel van kontantbetalings in hul onderskeie rekeninge,” het Sekgotodi gesê.

Die vier verdagtes het Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Die saak is tot 29 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

En skielik kom al die EISHKOM affimative aksie deals na vore. Immagine as die ANC hulle RADICAL ECONOMIC TRANSFORMATION amptelik afdwing… hehehehe.

humor ·

Stadig maar seker draai die wiel. Dinge is die laaste tyd aan die gebeur. Wonder wie sit agter hierdie aksies.

Alida ·

Shoe maar die valke is nou aan die gang. Skitterende werk. Daar is nog BAIE blikke met wurms in. Looi hulle.

LB S ·

Ek kan dit steeds net nie aanvaar/verstaan waar die Valke al die tyd was nie. Noudat CR President van die ANC geword het en sy vingers bietjie geklap het, het die Valke, Veiligheidspolisie, Staatsveiligheid, you name it, almal skielik “tolight” gekom. Het Zuma soooo groot invloed op die land se masjinerie gehad? Wel, ten minste GEBEUR daar nou dinge en daarvoor moet ons dankbaar wees!

Hansie slim ·

Hoe word sulke kontrakte goedgekeur? Daar is ‘n streng prosedure vir tenders!
Sluit hulle toe tot hulle alles terug betaal het!

Realis ·

Die Valke se voorbrand~verkiesingsveldtog is besig om mooi op dreef te kom. Na die verkiesing in 2019 sal alles weer van vooraf verval.

Elsa ·

Dit hou net nie op nie, skelkstreke kan nie geduld word nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.