2 van Tsogo Sun vas vir bedrog

Argieffoto

Twee werknemers van die hotelgroep Tsogo Sun het vandeesweek in die handelshof in Durban verskyn op aanklag dat hulle meer as R4 miljoen by hul werkgewer gesteel het.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê Leeba Lesuthu en Jeffrey Moodley is Woensdag deur die Valke in hegtenis geneem.

ʼn Voorlopige ondersoek toon dat die twee verdagtes, voorheen verantwoordelik vir die groep se sekuriteit-en-mensehulpbronafdeling, in dié tyd na bewering “kamma werknemers” geskep en salarisse aan dié werkers uitbetaal het.

Altesaam 259 aanklagte van bedrog staar Lesuthu en Moodley in die gesig.

Die verdagtes is gedurende die verskyning elkeen op borgtog van R10 000 vrygelaat. Die saak is tot 12 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Spoorloos ·

Dit lyk of die regering se voorbeeld nou deur ander in die privaatsektor nagevolg word!

Chris du preez ·

Die oudste skelmstreek in die boek. Hoe dom moet jy wees as jy dink jy is die een wat gaan wegkom daarmee

Gert van Wierdapark ·

Hulle het eers die “Jackpot” Geslaan, en toe boemerang dit! Miskien moes hul by vriend YS van die Frystaat om hulp aan-geklop het het, oor hoe om uit die moeilikheid te bly…. Al het jy Vrede of die koeie se melk versuur het! He-he-he

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.