2 vas ná kind in spervuur beland

Argieffoto

Twee verdagtes is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vyfjarige seuntjie dié naweek in Lavender Hill in die Wes-Kaap.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het onverpoosd na die verdagtes gesoek nadat die kind Saterdagmiddag tydens ʼn skietery in Drury Court in die spervuur beland het.

ʼn 22-jarige man is ook na bewering in dieselfde voorval geskiet en gewond. Hy is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens Potelwa sal die verdagtes, onderskeidelik 24 en 29 jaar oud, op 27 Desember in ʼn hof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Die verdagtes word ook moontlik aan ander misdade verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.