2 vas na rooftog, kaping by Johannesburgse winkelsentrum

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog en motorkaping wat Dinsdagmiddag by die Cresta-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê vier verdagtes in ʼn wit Toyota Etios het ʼn Opel Corsa in die parkeerterrein van dié winkelsentrum gekaap waarna hulle op pad uit ʼn paartjie van hul selfone en ander besittings beroof het.

Volgens Makhubele kon die polisie en sekerheidswagte van die winkelsentrum daarin slaag om die verdagtes voor te keer voordat hulle die parkeerterrein van die winkelsentrum kon verlaat.

ʼn Skietery het uitgebreek en een van die verdagtes is gedurende die voorval gewond terwyl ʼn ander in hegtenis geneem is. Twee van hul makkers het egter te voet op die vlug geslaan en is steeds soek.

Daar is intussen vasgestel dat dié verdagtes se wegkommotor ʼn Uber-taxi was, het Makhubele verduidelik.

Volgens Makhubele is die gewonde verdagte ná die voorval onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die twee verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Randburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierreli ·

Die wegkom voertuig ‘n Uber taxi, regtig? So lyk my die Ubers kan dryf! LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.