2 vas oor ploftoestel-onderdele van weermag

Argieffoto: SAPD

Twee mense is in Kroonstad in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat onderdele van ploftoestelle wat aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) behoort in hul besit gevind is.

Die verdagtes is ook ten tyde van hul inhegtenisneming in die besit van ’n motor se onderdele betrap, het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Thakeng is daar ook ander in hegtenisnemings op dié dorp gemaak tydens polisieklopjagte tussen 21 en 28 Mei.

Dié inhegtenisnemings sluit in 19 arrestasies vir drankverwante misdaad, vyf vir moord, twee vir verkragting, twee vir huisroof, twee vir roof, een vir aanranding en een vir diefstal.

Brig. Mapuleng Mbeloane, polisiestasiebevelvoerder op Kroonstad, het gesê dié Vrystaatse dorp se plaaslike sigbare polisiëringseenheid en speurdienste het hulle goed van hul taak gekwyt.

“Ons sal nooit moeg word om misdaad te bestry en diegene verantwoordelik aan die pen laat ry nie,” het Mbeloane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.