2 vas oor ‘polisievoertuie’

Een van die voertuie met die polisie-kentekens (Foto: Verskaf)

Die polisie het twee mense van Westernburg in Limpopo in hegtenis geneem wat hul motors glo as polisievoertuie voorgedoen het deur die SAPD-embleme en kentekens op hul motors te plak.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie veroordeel die gebruik van sy handelsmerk-kentekens deur nie-lede van die polisie ten sterkste.

Volgens Ngoepe het die polisie beslag gelê op die motors wat glo die eiendom van die Nirvana-gemeenskapspolisiëringsforum is.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het gesê dié voertuie veroorsaak verwarring by die publiek en dit rig boonop skade aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se korporatiewe beeld aan.

“Hierdie optrede moet onmiddellik gestaak word. Wie ook al homself hieraan skuldig maak en met verdagte voertuie rondry wat met polisiekentekens gemerk is, sal vasgetrek word,” het hy gesê.

Die twee verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Polokwane verskyn op aanklag daarvan dat hulle hulself as die polisie voorgedoen het.

Een van die voertuie met die polisie-kentekens (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann du Toit ·

Daar was voorheen gevalle waar mense hulle voorgedoen het as polisie en toe misdade gepleeg het maar ek glo die twee mans het die motors as afskrikmiddel gebruik.

Michael ·

DIT maak die publiek bang. Trek n normale polisie voertuig jou af dan moet jy stop.As jy nie stop nie sluit hulle jou op. As die skurke jou af trek skiet hulle jou en jou famielie dood. Skiet jy hulle dood omdat jou lewe in gevaar is .is jy n rassis en gaan heel moontlik tronk toe vir vir die res van jou lewe terwyl die die plaasmoordenaars in die shjbeens party hou. How sick can you get.
.

Max ·

Hulle produktiwiteit is baie beter as die van die SAPD. Hulle voertuig is ook in n beter toestand as die van die SAPD.

Stefaans ·

Die polisie verdra nie kompetisie nie, dit verdeel die buit.

Veritas ·

Dit is nie net daar waar dit gebeur nie. Hierdie ‘cowboys’ van die sg ‘Gemeenskaps Polisiërings Forums’, lei aan ‘n minderwaardigheidskompleks en die vals mag, wat hierdie forums bied, ken geen perke nie. Alle forums tree dalk nie so op nie maar op die Oosrand gaan dit wild. Oorentoesiasme lei gereeld tot wilde jaagtogte en aanrandings en dan word daar, na die aksie, byeengekom en gespog oor hul roekelose dapperheid. Die SAPS laat hulle ook maar begaan want dit beteken dat hulle genoeg vrye tyd het om kolleksies te doen.

Hannes ·

Dit gaan oral waar die GPF betrokke is so. Ek sien nou nog in Pretoria ry hulle met flitsende ligte in hul voertuie, verontagsaam verkeersreels en padtekens om eerste by n toneel te kom. Die vraag is wat doen hy as hy eerste daar is?

Pieter ·

Eerstens het die polisie net n slegte en patetiese beeld en tweedens is die GPF gestig omrede die polisie onbevoeg is om hulle werk te doen,derdens dink ek dit is n goeie manier om kriminele te verjaag in jou area.

Coen ·

Watter beeld ?? Julle het wel n beeld maar dit is nie positief nie ,en die kentekens se duidelik gemeeskaps polisiëring n funksie wat die gemeenskap moes oorneem omrede die polisie nie meer hulle werk wil doen nie.

Sarel swartbrand ·

As ek die polisie is sal ek my bekommer oor die regte polisie wat MISDAAD pleeg met regte polisie voertuie en die gemeenskap los om hulle woon gebied veiligwil hou.

Perskode ·

Die voorval is n goeie voorbeeld van die graad van onbevoegdheid tans in die polisie

Leahim ·

Dit is n duidelike boodskap aan alle GPF’s om hulle vernootskap met die bendes in blou te staak en self buurtwagte te beheer.

Padlj ·

Ag dankie tog vir die goeie polisie beamptes en die beste joernaliste wat ons so ingelig hou

Johann Marx ·

Die polisie kry ook maar net die kriminele gevang wat besig is om hulle werk te doen…..die res van die kriminele loop vry rond…

Zoro ·

Ja dit skep verwarring – die SAPD moet ook kyk na George munisipaleteit se verkeers voertuie – dis slegs die kenteken wat verskil – ek het amper nie vir hulle gestop toe ek die vreemde kenteken sien nie

Lolla ·

Hahaha die polissie het lankal nie meer n korporatiewe beeld nie! How funny! Enigge iets anders sal beter as die polissie lyk en wees. Selfs die Griekse hoek kaffee om die draai. November 2017 SAPD gebel om na my bure se huis te gaan terwyl daar n hengse gebeurtenis in aksie was, en ons wag nou nog vir hulle om op te daag! Patetiese beeld en onbevoegd.

bgj van der westhuizen ·

wel sapd begin om julle werk te doen en hou op verwag die gemeenskap moet dit doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.