2 vas toe verdagte terugkeer na misdaadtoneel

Argieffoto

Twee mense is die afgelope naweek in hegtenis geneem toe ʼn niksvermoedende verdagte teruggekeer het na ʼn misdaadtoneel waar polisiebeamptes steeds besig was.

Lt.kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydagaand in die Dipetlelwane-nedersetting in Noordwes naby die grens met Limpopo plaasgevind.

ʼn Adjudantoffisier het in Dipetlelwane aangekom nadat hy gereageer het op ʼn klag van veediefstal in Swartboom.

“Toe hy daar aankom het ʼn groep mense uit ʼn plaaslike taverne gehardloop en geskree dat daar ʼn rooftog aan die gang was langs ʼn nabygeleë snoepwinkel,” het Myburgh gesê.

Die polisiebeampte het drie mans gesien wat betrokke was in ʼn onderonsie met ʼn Pakistanse man.

“Die verdagtes, waarvan een ʼn vuurwapen gehad het, het glo die Pakistanse man probeer beroof. Die adjudantoffisier het ʼn waarskuwingskoot afgevuur en die drie het in verskillende rigtings gevlug en hul Chevrolet Spark-wegkommotor op die toneel gelaat. Een verdagte het ook ʼn selfoon agtergelaat,” het Myburgh gesê.

Volgens Myburgh het een van die verdagtes, onbewus van die feit dat die polisie nog op die toneel was, teruggekeer na die toneel.

“Van die lede van die gemeenskap het kom herken en die polisie in kennis gestel. Hy is in hegtenis geneem en die wegkommotor se sleutel is in sy besit gevind.”

Daar is beslag gelê op die voertuig.

ʼn Tweede verdagte (49) is Saterdag vasgetrek.

Albei verdagtes sal Maandag in die Temba-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot roof.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie en die lede van die gemeenskap geloof vir hul samewerking wat gelei het tot die inhegtenisnemings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oom Kalahari ·

In die meeste gevalle keer ‘n krimineel/misdadiger terug na doe toneel van sy slagoffer/slagoffers. Waarom net ‘n klag van poging tot roof en wat van die rig van vuurwapen en is hy / hul die wettige eienaar van die vuurwapen of is dit ook geroof in ‘n vorige plaas aanval. Onwettige besit van ammunisie. As ek ‘n vuurwapen as blanke rig is die klagstaat dadelik poging tot moord en roof. Dit is waarderend dat hierdie twee kriminele van die strate verwyder is voor verdere lewens en eiendom in gedrang was. Die kriminele vier fees deesdae en hul straf te ligtelik.

Joshua ·

Sit hom op kanaal 128, “The world’s dummest robbers’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.