2 vas vir besit van liggaamsdele

Argieffoto: Kent Williamson

Twee mans, onderskeidelik 45 en 49 jaar oud, is Sondag in Elukwatini in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat die polisie menslike liggaamsdele in hul besit gekry het. Hulle sal na verwagting Maandag in die Eerstehoek-landdroshof verskyn.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het Sondag inligting ontvang oor die twee mans, wat met die menslike liggaamsdele in hul besit, in ʼn rooi ligte voertuig na Elukwatini op pad was.

Die polisie het die verdagtes se voertuig by die Lochiel-Nhazatshe-kruising, op pad na Elukwatini, voorgekeer. Die polisie het die voertuig deursoek en ʼn been, plasenta en ʼn knie gevind.

Hlathi sê die polisie is besig met ʼn ondersoek om te bepaal waar die verdagtes die liggaamsdele gekry het.

“Die inhegtenisneming van die verdagtes word verwelkom,” het Hlathi gesê. Hy het die gemeenskap aangemoedig om saam met die polisie misdaad te beveg,”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Nog ‘n Maandag, nog ‘n week, nog ‘n “horror story” in Suid Afrika!

Pierreli ·

Die duiwel is heeltemal los. Dinge gaan nie verbeter totdat Jesus Christus terugkom nie.

Spyker ·

Eers die ANC toe die Virus en nou bo-op alles, “Kanibalisme” Ons lewens word bedreig van alle kante af

Kerneels ·

Dink jy “our people” is al so honger? Dis dalk eerder vir muti…

Blikke ·

Net toe ek dink ek het nou al Al’s gehoor en gesien……..hoe siek moet jy wees?

Alida ·

Watse mense doen sulke dinge? Ons kan nie meer byhou nie. Rerig!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.