2 vas vir moord op Jeffreysbaai-bejaarde

Argieffoto ter illustrasie van Jeffreysbaai. (Foto: Facebook/ Jeffreysbaai)

Twee verdagtes het vandeesweek in die Humansdorp-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met die onlangse moord op ’n bejaarde van Jeffreysbaai.

Johannes Marx (79) se liggaam is verlede week aan ’n stoel in die slaapkamer van sy huis in Wavecrest aangetref.

Kapt. Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Valke, het vanoggend aan Maroela Media gesê Lunga Welkom (28) en Masixole Mbeki (33) het Maandag en Dinsdag in die hof verskyn nadat hulle verlede week kort ná die moord in Port Elizabeth in hegtenis geneem is.

Die Valke het ten tyde van die inhegtenisneming op van die oorledene se gesteelde goedere ter waarde van sowat R70 000 beslag gelê.

Welkom en Mbeki staan tereg op aanklagte van moord, roof en bedrog.

Volgens Ngcakani het die verdagtes ook Marx se kredietkaart ten tyde van die moord gesteel. Die aanklagte van bedrog hou hiermee verband.

Die verdagtes sal weer op 26 November in die hof verskyn. Hulle bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Daniel

Tragies, ons het jare terug altyd daar vakansie gehou, was so veilig en rustig.
Enigste veilige plek in SA is seker Orania?

HP

Het hierdie moordenaars regtig die reg op lewe? Is dit nie tyd om doodstraf trug te bring nie.

Magda

GEEN BORG – EN BRING DIE DOODSTRAF TERUG.

JZ

Hoekom is die ANC so bang om die doodstraf terug te bring? iemand wat n ander se lewe neem moet van sy lewe ontneem word.

an

Plaas hulle fotos asb.

Sodat ons hulle op straat kan herken … as hulle binnekort weer vry rondloop!