2 vas vir Nelspruit-plaasaanval

Martie Brown (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes is Vrydag en Maandag afsonderlik in hegtenis geneem in verband met die plaasaanval op Hendry, Martie en hul seun, Tommy, Brown sowat ʼn week gelede buite Nelspruit in Mpumalanga.

Die derde verdagte, wat op die toneel dood is, is intussen as ʼn pastoor van Mpumalanga geïdentifiseer.

Volgens Albert Gryvenstein van die organisasie Bossies Community Justice is die eerste verdagte (40) Vrydag in Pienaar, ʼn nedersetting in Mpumalanga, in hegtenis geneem en sou hy na verwagting vroeër vandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Die tweede verdagte is vroeg Maandagoggend in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig vier verdagtes het Hendry (77), Martie (74) en Tommy (53) verlede Sondag in die vroeë oggendure met ’n byl en panga in die plaashuis op die Uitkyk-pad naby Mabalel aangerand.

Hendry Brown (Foto: Verskaf)

Hendry word sedertdien vir kopbeserings in die Kiaat-hospitaal behandel en is steeds in ʼn kritieke toestand, sê Gryvenstein.

Tommy is na ʼn hospitaal in eMalahleni oorgeplaas nadat hy ernstige beserings aan sy skedel en kakebeen opgedoen het. Tommy is die betrokke oggend tydens ’n stoeiery met een van die verdagtes in die been geskiet. Die verdagte is in die proses noodlottig gewond en sy liggaam is 300 m van die toneel gevind.

Volgens Gryvenstein is dié verdagte sedertdien geïdentifiseer as ʼn pastoor van Pienaar.

Die soektog na ʼn vierde verdagte duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jan ·

Verder gaan kyk hoeveel van die sogenaamde pastore is by misdaad betrokke, lyk my enige een kan homself as n pastoor verklaar, as ek in besit is van n spanner maak dit nie n machanic van my nie

Oujongvrou ·

Ek lees nie hulle is dood nie. Ernstig beseer maar nie dood nie

Johann ·

Ek kyk na die twee ou,weerlose gesigte,soos al die ander, en ek KAN myself nie sovêr kry om te dink watter vlak van onmenslike bose wreedheid in n lafaard se kop moet wees om mense en hul lewens so te misken nie? OnMENSLIK…!!!!! Letterlik.

Traantjie ·

Johann stem saam. My hart breek elke keer as ek na ons weerlose oumense kyk wat so aangeval word op die plase. Jy kan nie mens wees as jy so iets aan n weerlose persoon doen. As ek die oom kyk sien ek my pa en dink ek nie hulle is opgewasse wapen of geen teen die bose aanvallers nie. Hoop die mense herstel. Ek wonner net die pad voorentoe. Die skade aan hulle siele moet seker blywend wees. Ek huil vir ons arme boere.

Dries Bý ·

Laat die duiwels sing soos kanarries en sluit hulle op geen verhoor

Irma ·

So maklik om jouself as ‘n pastoor voor te doen. Goeie wegkruip plek en daar kry hulle genoeg informasie om hul duiwels werk uit te voer. Tipies. Ons het ook so ‘n buurman wie se kinders id donkerte vd nag werk. Is sonlig heilig en id donker van die gevaarlikste mense

Gert van Wierdapark ·

Klink eerder na ‘ n pas-toor, maar sy muti wou nie werk nie!

andre ·

Wie is die “verdagtes”?

Wat is hulle name?

Wys hulle fotos !

Jannie van Niekerk ·

Mens moet maar pasop vir sekere groepe se pastore. Zuma se ondersteueners was ook “Kerkmense.”

Niklaas ·

Pastoor nogal. Ek het al sulke sogenaamde “herders” ontmoet , wat niks -vermoedende mense n rat voor die oë draai. Daar is ongelukkig nog swendelaars soos daai wat los rondloop.

Nugter ·

Pasop vir die mns van ander kerke, hullekruip altyd weg agter die volgende- “In my culture we ” en dan wat?? in your culture moor ons ????

Gaitsigubib ·

Gaan kyk gerus hoeveel kerke wat groot aanhang geniet, het rituele wat uitspruit uit die okulte. Die kerk met die meeste lede in SA het n prent van n wit kalf teen n berg- die oudste teken van verset teen God waaraan ek kan dink. Leer jou bybel ken, want jy sal nie kan se dat jy nie gewaarsku was nie.

Willie ·

Pastoor nogals- as kind kan ek onthou hoe daar verwys word na die heidinne… Soveel maak meer sin, na al die jare…

Attie. ·

Almal gaan te kere oor die skurk ‘n pastoor is, ons kan mos nou sien watse soort pastoor hy was. Kom ons juig en gee die polisie ‘n bietjie krediet en bid dat die beseerdes volkome sal herstel.

Lindtjies ·

Die Bybel waarsku ons teen valse profete. Deesdae is elke tweede een ‘n pastoor.

Doefie ·

Wreed baie wreed. Asseblief mense wanneer gaan julle besef dat bejaarde mense NIE meer op plase kan bly NIE ! Daar is nie meer plek in vandag se samelewing vir sentiment nie en ek woon en bly tussen boere en weet hulle baklei om op die plase te bly. Dink nugter, bly lewendig.

ap ·

Ek kan nie glo daar is boere sonder wagte nie , betaal maar eerder as om aangeval te word , dis suid afrika , anc , eff blf meeste gemors wat daar rondsluip

Gaitsigubib ·

AP as jy so besorg is oor die boere borg jy n wag, dan help jy n boer wat reeds sukkel om kop bo water te hou. Hulle sal dit baie waardeer. Doefie kan n huis in die dorp beskikbaar stel met brandstofgeld sodat die bejaarde boer elke dag na sy plaas toe kan ry. n Pragtige gebaar sal wees as jy n pensioen aan die boer kan voorsien dan hoef hy nie daarliks na sy plaas toe te ry nie om te gaan boer nie. Ag byvoorbaat dank aan julle twee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.