2 vas vir renosterhorings, leeubene

Argieffoto

Twee mans is vroeër vandeesweek in onderskeidelik Germiston en Cullinan in Gauteng in hegtenis geneem vir die besit van renosterhorings en leeubene.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het in ʼn verklaring gesê die twee mans, geïdentifiseer as Yin Li (33) en Yun Li (35), is Dinsdag vasgetrek.

Volgens Mulamu word Yin aan drie groot besendings van leeubene ter waarde van R2,25 miljoen verbind.

Daar is op dié besendings van altesaam 600 kg op die OR Tambo-lughawe beslag gelê. Die vrag was bestem vir Viëtnam.

Yin het Donderdag vlugtig in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Die saak teen hom is tot 10 Desember uitgestel.

Yun word op sy beurt aan die besit van renosterhoring in ʼn saak van 2015 verbind. Hy is destyds saam met ’n makker, Amos Mututwa (34), in hegtenis geneem, waarna die Germiston-landdroshof hom op borgtog van R2 000 vrygelaat het. Yun het daarna verdwyn en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik.

Yun het Donderdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Die saak teen hom is tot volgende week uitgestel, wanneer hy wéér om borgtog aansoek sal doen. Sy makker sal na verwagting weer in Januarie 2020 in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Me ·

Li en Li hul is oorsaak van baie dinge kom mos almal in SA vir die soort van dinge
Lewenslank sommer voor Kersdag vir hulle

Ronel ·

Laat hulle los tussen leeus en renosters, laat hulle ‘n bietjie onder die diere kan ly.

Anoniem ·

Yin en Yun.

Laat my dink aan ‘n kinderprogram van toenterjare: Bak en Terie, niemand kan hul plannetjies keer (n)ie….

Potjie ·

Hahahaha jy het nou n baie ver memory uitgelig. Hoed gestel :)

Nika ·

Yin en Yun moet herhaadelik gewys word hoe daai diere ly, weet duidelik nie deur watse pyn n renoster gaan wanneer hulle gestroop word nie.

Gert van Wierdapark ·

Prysenswaardug dat hul name bekend gemaak is, maar hoekom nie in ander gevalle van stropery ook nie? Of is dit omdat hul Li’s is?

boet ·

Die polisie moet verder ondersoek, die twee is nie alleen in die strooptogte nie hulle het iemand wat die vuilwerk vir hulle doen, ek glo nie mannetjies soos Yin en Yun gaan dit naby n leeu of renoster waag nie.

Kraaibakke ·

Daardie mense sal enigiets eet ,snuif ,drink wat ook al ,is dit dan so lekker ?

OJ ·

Moenie alles glo op nuus nie. Die feite is nie waar nie. Jammer. Alles afleidings

Jacques ·

Ek wonder wat se Ciril van die mense wat hy so deur ons land se grense in laat en hulle dan alle suid afrikaaners se erfenis plunder. My klein kinders sal maar seker in n boek of Museum moet sien hoe lyk n leeu en n renoster????

Marinda ·

Mense wat vir sulke oortredings in hegtenis geneem word, behoort nie vir borgtog oorweeg te word nie!

Anita ·

waarom kry hulle borgtog?, dit moet geweier word en hulle moet lewenslang kry dit is die enigste afskrik middel. Neem die voorbeeld van Singapore , enige smokkel is of doodstraf of lewenslang. Wanneer gaan ons net ons voet neer sit en sê genoeg is genoeg. Die Chinese/en ander oosterse persone sal voortgaan om alles leeg te skep.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.